PLEASE NOTE: FOR MORE INFORMATION & RESOURCES ABOUT COVID-19, PLEASE VISIT HTTPS://SACORONAVIRUS.CO.ZA

Met My God Spring Ek Oor 'N Muur (Sagteband)

Met My God Spring Ek Oor 'N Muur (Sagteband)
  • Load image into Gallery viewer, Met My God Spring Ek Oor 'N Muur (Sagteband)
  • Met My God Spring Ek Oor 'N Muur (Sagteband)

    CUMBookssa
    Christa Van Rooyen
    Regular price
    R220.00
    Sale price
    R220.00
    Unit price
    per 

    This item is in stock

    PRODUCT CODE: 9772518864009

    Shipping within 3-5 working days

    Product Details
    Jesus het aan die kruis gesterf sodat jy genesing kan kry. Hier is jou kans om die “HOE” deel daarvan uit te vind

    Met my God spring ek oor ‘n muur is ’n woordgebaseerde handleiding tot genesing. Dit word aanbeveel vir die wat riglyne en geestelike sleutels soek vir die pad na genesing. Daar is al baie geskryf oor genesing, maar min boeke help jou om dit prakties vir jouself te kry deur wat Jesus vir ons aan die kruis bewerkstellig het.

    Jesus is vir ons ‘n voorbeeld van lewe. Sy leringe hier op aarde was daarop gefokus om mense vry te maak van geestelike en ligaamlike bindings soos siekte, verslawings en selfs die dood. Nie net het die skrywer en haar gesin 12 genesingswonderwerke van lewensbedreigende siektes ontvang nie, hulle het in die tyd waarheid geleer oor baie fasette van die lewe en menswees. Dit is die waarheid soos die wat mens vrymaak.

    Jy sal hierin lees hoe belangrik korrekte lewenskeuses en gehoorsaamheid tot God is vir jou vir ’n gesonde liggaam, siel en gees. Met die hulp van Jesus en onder leiding van Heilige Gees kan jy die kennis hierin gebruik om ook genesing in jou gesin te ervaar.

    God kan en wil jou graag genees. Moenie dat dit wat die medici oor jou gespreek het of wat godsdiens en tradisie jou geleer het, jou weerhou van jou eie genesingswonderwerk nie. Daar is antwoorde van God ons Skepper vir elkeen wat hierdie boek lees.

    Christa van Rooyen deel hierin die waarhede en wyshede wat sy op haar pad van genesing geleer het. Mag dit vir jou die Bybel ontsluit sodat jy dit in jou eie lewe kan toepas.
    Specifications
    1. Category : Christelike Leefwyse
    2. SKU : 9772518864009
    3. Barcode : 9772518864009
    4. Size : 145 x 210 mm
    5. Long Author : Christa Van Rooyen
    1. Number of Pages : 350 pp
    2. Language : Afrikaans
    3. Format : Paperback
    4. Publisher : Kingdom Keys Publishers

    Recently Viewed