God & Geld (Sagteband)

God & Geld (Sagteband)

By: Wilco Naumann

  • In stock, ready to ship
  • Inventory on the way
Regular priceR379.00
/
  • In stock, ready to ship
Payment Options Payment Options
  • Free shipping on orders over R500.
  • Online prices may vary from in-store prices.

Product Description

Die doel van die boek is finansiële gesondheid – hoe om met geld te werk, asook hoe om die regte verhouding teenoor geld en besittings te verkry. Alles wat jy nodig het ten einde jou finansies gesond te kry – en in lyn te bring met God se Woord – word in hierdie boek saamgevat. Wilco lê ‘n Bybelse fondasie van geld neer. Aspekte soos die geskiedenis van geld, die eienskappe en gevare van geld, asook die uiteenlopende verskil tussen die wêreld en God se perspektief word ondersoek.
Talle mense het ‘n verwarde ingesteldheid ten opsigte van geld en besittings, ander het ‘n armoedige denkwyse, terwyl baie onbewus is van die geestelike geldelike beginsels en implikasies. Wilco deel ‘n alternatiewe filosofie wat insluit; armoede, denke, rentmeesterskap, identiteit, integriteit, boekhouding en belasting. Hy gee praktiese stappe en riglyne. Sy gesonde finansiële plan sluit die volgende onderwerpe in; doelwitte, dissipline, begroting, tiende, beleggings, spaar, aftrede en nalatenskap. Hy bespreek hoe om uitgawes te verminder, asook materialisme, skuld, spandering, uit leen, en vergenoegdheid.
In Johannes 17:16 staan daar dat ons as Christene in hierdie wêreld leef, maar ons is nie van die wêreld nie. Terwyl ons in hierdie sisteem leef het ons ‘n ander alternatief ten opsigte van hoe ons met geld kan werk. Jy sal lees hoe om oorwinning oor Mammon en sy se juk te behaal, asook hoe om uit die rat race te ontsnap.
Volgens statistieke word 75% van alle geld wat in Suid-Afrika verdien word, aan skuldeisers oorbetaal, terwyl die gemiddelde Suid-Afrikaner slegs 4 weke weg is van bankrotskap. Verder is een van die top 5 redes vir egskeiding a.g.v. mense wat nie weet hoe om met geld te werk nie – hulle is onder finansiële druk. Volgens die Nasionale Kredietreguleerder (NCR) is 50%, drie maande of meer agterstallig met hul terugbetalings, en sukkel met hul rekeninge. Terwyl 77% van die werkersklas geen geld oor het aan die einde van die maand nie.
Talle mense weet nie hoe om met geld te werk nie, hierdie boek bied hulle 'n Bybelse oplossing met stap vir stap riglyne vir hierdie probleem. God het dit op sy hart gelê om mense finansieel te help. Daar is geen twyfel dat indien iemand die beginsels in hierdie boek toepas, hulle finansiële lewens heeltemal en blywend sal omkeer, vir beter. Die doel van die boek is om soveel as moontlik volgelinge van Christus te help om gesonde finansiële lewens te lei, asook om vry van skuld en vry van finansiële druk te leef.

Product Information

Category : Christelike Leefwyse

SKU : 9780620848213

Author : Wilco Naumann

Language : Afrikaans

Size : 226 mm x 150 mm x 40 mm

Page Count : 558

Format : Paperback

Publisher : Wilco Naumann

Related Items

Free Shipping

on all orders over R500

Easy Returns

within 30 days of delivery

Customer Support

WhatsApp

You may also like


Recently viewed

Frequently Asked Questions

Returns are free and easy. Review our Returns Information.

Let us know that you would like to return a product by contacting our customer support team. You can contact our customer support team by sending an email to online@cumbooks.co.za or calling 086 011 0321.

We offer free national shipping on orders over R500.

We charge a R100 delivery fee on orders under R500.

Delivery charges for international orders will be calculated according to the delivery address chosen and the weight of the package. Please review our Delivery Information.

Items that are in stock will be delivered within 5 - 7 working days, once payment has been received, unless otherwise stated. Please review our Delivery Information.

Please contact our contact customer support team if you have a query regarding your delivery. You can contact our customer support team by sending an email to online@cumbooks.co.za or calling 086 011 0321.

We currently offer Pargo Click & Collect as well as Door-to-door Courier delivery to a physical addresses. Please review our Delivery Information.

If you would prefer to shop in-store, please use our Store Locator to find your nearest CUM Books branch.