Handelinge 13-28: Ons Is Diep Gewortel (Sagteband)
By: Annene Mullins,Kobus Myburgh
- In stock, ready to ship
- Inventory on the way
No reviews
- Orders placed by 16 December will be delivered before Christmas Eve.
- In stock, ready to ship
- Free shipping on orders over R500.
- Online prices may vary from in-store prices.
Product Description
In die tweede deel van die boek Handelinge wil Lukas steeds vir die gemeente in Efese wys dat hulle van ver af kom en dat hulle diep gewortel is. Met die eerste oogopslag lyk dit of Paulus die sentrale figuur in hierdie vertelling is. Op ʼn verskuilde manier wys Lukas egter vir ons dat God die Een is wat hier aan die werk is. Paulus is maar net ʼn instrument in God se hand. As instrument van die koninkryk loop Paulus dieselfde pad as Jesus. Die gemeente wat uit sy werk ontstaan het, hoef nie skaam te wees omdat Paulus nie, soos die ander apostels, vir Jesus voor die kruisiging geken het nie. Sy verhaal laat hulle sien hoe God, ten spyte van ons swakhede, sy doel bereik. Lukas gebruik vir Paulus, wat nog altyd ’n fanatiese werker vir God se saak was, om die voortsetting van God se pad met mense aan te wys. Die Christendom is nie iets nuuts nie; dit is die God van die aartsvaders wat met sy mense voortgaan. Lees saam en ontdek waarheen dit ons vandag neem.
Product Information
Category : Bybelstudie
SKU : 9780864879110
Author : Annene Mullins,Kobus Myburgh
Language : Afrikaans
Size : 148 mm x 210 mm
Page Count : 256
Format : Paperback
Publisher : Bybel-Media Handel