Daka: Daar is Dinge wat net die Dood en die See Jou Leer (Sagteband)
By: Jaco Strydom
- Low stock - 9 items left
- Inventory on the way
No reviews
- Orders placed by 16 December will be delivered before Christmas Eve.
- Low stock - 9 items left
- Free shipping on orders over R500.
- Online prices may vary from in-store prices.
Product Description
Die verdwyning van ‘n doodgewone ou wat verskriklike dinge oorgekom het – en ‘n nog erger ding aangevang het – en sy drome oor ‘n eiland en 'n eienaar dige waterwese ... en ‘n nuwe begin.
Elke voortvlugtige is ‘n ontdekkingsreisiger en elke reisiger ‘n vlugteling, en Adam Richter was geen uitsondering nie.
Daar was wraak by die dam en ‘n storm op die see en smokkelaars en hippies en gewone tortelduiwe en enorme vlermuise, en later ‘n hardkoppige rooikop – onder andere.
Sy lewe was nie een lang, uitgerekte verhaal soos die van meeste ordentlike mense nie. Eerder ‘n bondel erg teenstrydige stories, in chaos verweef. Van hulle was naïef en onskuldig.
Van hulle wreed en donker en verskriklik en selfs boos ... maar van hulle so beautiful soos die bewegings van Lamu se laaste doegong.
Dis moeilik om te glo dat so iemand rêrig bestaan, sou die mense later sê, want vreemde dinge het gebeur. Dinge wat hom soos ‘n onsigbare magneet noord sou trek, seelangs, die laaste wildernis in.
Want Adam het ‘n geheim gehad, so groot dat hy eers moes doodgaan en wegraak voor hy kon opstaan en oor begin.

Product Information
Category : Fiksie
SKU : 9780637003391
Author : Jaco Strydom
Language : Afrikaans
Size : 234 mm x 153 mm x 22 mm
Page Count : 288
Format : Paperback
Publisher : Lapa Uitgewers