Net Voor die Droogte My Breek (Sagteband)
By: Anoeschka von Meck
- In stock, ready to ship
- Inventory on the way
No reviews
- In stock, ready to ship
- Free shipping on orders over R500.
- Online prices may vary from in-store prices.
Product Description
Daar is ʼn swaarkry in ons land waarvan min die werklike omvang verstaan ... veral diegene wat knus deur stede omvou word ... Maar reis jy net ʼn paar uur in amper enige rigting van hierdie stede waar water in jou naaste kraan is en jou middagete gerieflik op die naaste winkelrak wag, is dit soos ʼn ander wêreld ... die verwoestende droogte wat mens en dier op hulle knieë het ... stukkend, gebreek, letterlik sterwend, onmenslike verhale van verliese, sterwende diere en boere wat opgee, oppak en wonder of dit die moeite werd is om nog te lewe … Maar, hier vind jy ook verhale van hoop ... mense wat in ʼn gebroke wêreld opnuut uitreik na mekaar, konvooie voer wat aangery word van dele wat wel goeie reëns gehad het, iemand wat R10 afknyp om ʼn droogtehulpfonds te ondersteun – want vele tien rande maak dat daar brandstof is vir ʼn vragmotor om ʼn vrag geskenkte voer weg te neem. Verhale van droogte binne dié droogte ... van siektes en seer en vashou aan Hoop ver bo menseverstand ... Dit is hierdie verhale wat Anoeschka gaan haal het op haar reis van Calvinia na Gamoep, tot amper by die Botswana grens oor Vanderbijlpark, Bultfontein om na Jansenville en Aberdeen en oorvertel word in Net voor die droogte my breek. Hierdie stories van hoop wat aan ander mense wat hulself ook in ʼn “droogte” bevind, hoop sal bring. Net voor die droogte my breek is 'n inspirerende boodskap uit die hart en mond van mense wat te midde van swaarkry met verwagting vorentoe beur.
Product Information
Category : Inspirerend
SKU : 9781868044672
Author : Anoeschka von Meck
Language : Afrikaans
Size : 156 mm x 230 mm x 20 mm
Page Count : 314
Format : Paperback
Publisher : CLF Uitgewers