PLEASE NOTE: FOR MORE INFORMATION & RESOURCES ABOUT COVID-19, PLEASE VISIT HTTPS://SACORONAVIRUS.CO.ZA

Ware Noord (Sagteband)

Ware Noord (Sagteband)
  • Load image into Gallery viewer, Ware Noord (Sagteband)
  • Ware Noord (Sagteband)

    CUMBookssa
    Elsa Winckler
    Regular price
    R149.96
    Sale price
    R149.96
    Unit price
    per 

    This Item is out of stock

    PRODUCT CODE: 9781415328910

    Shipping within 3-5 working days

    Product Details

    Evan Vos is jonk, hy speel vir die universiteit se eerste span, die moontlikheid dat hy vir die Springbokke kan speel, hang in die lug, hy het nooit ’n tekort aan ’n vrou aan sy arm nie. Dit gaan met hom goed, die lewe is ’n lied.

    En dan word sy hart uit sy binneste geruk. Op dieselfde dag wat hy moet afskeid neem van ’n geliefde, sien hy die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes, vir hom tekenend van sy eie omstandighede. Die skuldgevoel wat hy saam met hom dra, lê swaar op sy hart, die enigste emosie wat hy kan hanteer, is woede. En hy laat die donkerte toe om sy binneste oor te neem.

    Anya Breedt is in haar noppies wanneer haar pa se argiteksfirma die opdrag kry om die planne op te trek vir die herstel van die Metodiste-kerk in hulle dorp. Dis amper drie jaar nadat die pragtige ou kerkie die hele voorste fasade verloor het en die nodige fondse is uiteindelik bekom. Sy is nog meer opgewonde wanneer sy hoor sy is die projekleier. 

    Drie jaar later speel Evan vir die Springbokspan, maar is op die krukkelys na ’n besering. Sy pa se konstruksiefirma het die opdrag gekry om die kerkie te herstel en hy vra vir Evan om tydelik as projekleier op te tree.

    Evan en Anya ontmoet mekaar op die perseel van die kerkie. Hulle voel aangetrokke tot mekaar, maar Evan weet met al sy bagasie kan hy nie iemand naby aan hom toelaat nie en Anya is baie versigtig na ’n mislukte verhouding. 

    Anya aanvaar Evan is met ’n doel oor haar pad gebring, en wanneer sy hoor van sy pyn, probeer sy help. Evan besef hy moet die persoon wat verantwoordelik is vir die seer in sy lewe, vergewe, anders kan hy nie aanbeweeg nie, maar hoe doen ’n mens dit?

    Daar is ’n nog groter plan met hulle twee, een waarvan albei eers heelwat later bewus word.

    Specifications
    1. Category : Fiksie
    2. SKU : 9781415328910
    3. Barcode : 9781415328910
    4. Size : 137 x 213 mm
    5. Long Author : Elsa Winckler
    1. Number of Pages : 224 pp
    2. Language : Afrikaans
    3. Format : Paperback
    4. Publisher : Struik Christian Media

    Recently Viewed