PLEASE NOTE: FOR MORE INFORMATION & RESOURCES ABOUT COVID-19, PLEASE VISIT HTTPS://SACORONAVIRUS.CO.ZA

Free National Shipping on Orders over R450!
Van Ongenooi Na Ingenooi (Sagteband)

Van Ongenooi Na Ingenooi (Sagteband)

Maretha Maartens
Free National Shipping on Orders over R450!
CUMBookssa
Maretha Maartens
Regular price
R180.00
Sale price
R180.00
Unit price
per 

Van ongenooi na ingenooi is werklikheidsfiksie gebaseer op die ware verhaal van trauma en verlies en uiteindelike aanvaarding in die lewe van ’n jong vrou en haar gesin. Dit is ook die verhaal van ware vriendskap. Ná ’n besoek aan ’n chirurg word ulseratiewe kolitis by Tanja gediagnoseer en sy moet hoor dat dit reeds haar rektum en kolon aangetas het. Die dokter hanteer egter nie die saak as spoedeisend nie, verseker haar dat sy maar kan gaan vakansie hou. Die uiteinde is katastrofies. Tanja se kolon perforeer en sy sterf byna aan inwendige bloeding. Tientalle besoeke aan die hospitaal volg en sy moet vir die res van haar lewe met ’n stomasak saamleef. Ná haar ontslag besef en ondervind sy watter letsels die ongenooide siekte, trauma en aanhegsel aan haar liggaam en emosies laat. Van ongenooi na ingenooi is ’n boek vir:

• Vroue op die eensame reis wat in Noodgevalle of ’n onkologiekliniek begin het, waarna jy met jouself, God en jou medemens moet gaan saamleef
• Dié wat al deur groot trauma moes gaan, asook hul gesin en veral vir hul lewensmaat.
• Lesers wat hulle in ’n “nuwe normaal”bevind – in ’n liggaam wat waarskynlik nooit weer soos vroeër sal lyk of wees nie
• Die lewensmaats van vroue soos Tanja, asook die familie en vriende van ernstig siek mense

In Van ongenooi na ingenooi word hoop, innerlike genesing en die onfeilbare trou van die Drie-enige God verwoord. In hierdie ware liefdesverhaal reis jy saam van ongenooi na ingenooi.
  1. Category Fiksie
  2. SKU 9781415341940
  3. Barcode 9781415341940
  4. Size 137 x 213 mm
  5. Long Author Maretha Maartens
  1. Number of Pages 232 pp
  2. Language Afrikaans
  3. Format Paperback
  4. Publisher Struik Christian Media

Recently Viewed Products