{"product_id":"ter-wille-van-sagteband","title":"Ter Wille van (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDanika was vir ’n kort rukkie dolgelukkig getroud totdat haar man, Ryk Terblanche, in ’n vreemdeling ontaard het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy verloor hul ongebore baba nadat hy haar aanrand, en worstel steeds jare daarna met die verlies terwyl hy sy vonnis in die tronk uitdien.\u003cbr\u003eOm die honger na haar eie kind te stil, word Danika ’n suksesvolle skrywer en werk as ’n vrywilliger by die neonatale afdeling van ’n hospitaal.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDit is hier waar Malan van den Heever haar raaksien … Maar Malan worstel met sy eie omstandighede.\u003cbr\u003eHy het sy swanger vrou in ’n motorongeluk verloor en die smart en skok dreig om hom in te sluk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie medici kon hul tweelingbabas red, maar nie vir Reina nie.\u003cbr\u003eDat hy nou alleen na sy pasgebore babas moet omsien, voel vir hom onwerklik en hy sukkel om afskeid te neem.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eBy die hospitaal sien hy hoe liefdevol Danika die babas vertroetel en vra haar om hom met die versorging van sy dogtertjies te help.\u003cbr\u003eMalan se skoonouers dreig egter om voogdyskap oor die tweeling te verkry, en sy prokureurvriend stel ’n gerieflikheidshuwelik voor ter wille van die kinders.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMaar Danika sukkel om weer ’n man in haar lewe toe te laat, en Malan voel dat hy ontrou aan sy oorlede vrou is.\u003cbr\u003eGedurende hierdie tyd word Danika se eksman in die tronk vermoor en sy word van die moord verdink.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eSy besef ook dat sy haar ontluikende gevoelens vir Malan in hul gerieflikheidshuwelik verborge sal moet hou.\u003cbr\u003eDie getroude paartjie se wedersydse vriende vind na twintig jaar weer onverwags ’n kans op geluk, maar sal Danika en Malan vry kan breek van hul verledes?\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42908291727456,"sku":"9781779881021","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781779881021_front.jpg?v=1782812866","url":"https:\/\/cumbooks.co.za\/products\/ter-wille-van-sagteband","provider":"CUM Books","version":"1.0","type":"link"}