PLEASE NOTE: FOR MORE INFORMATION & RESOURCES ABOUT COVID-19, PLEASE VISIT HTTPS://SACORONAVIRUS.CO.ZA

Onwankelbare Hoop (Sagteband)

Onwankelbare Hoop (Sagteband)
  • Load image into Gallery viewer, Onwankelbare Hoop (Sagteband)
  • Onwankelbare Hoop (Sagteband)

    CUMBookssa
    Max Lucado
    Regular price
    R129.95
    Sale price
    R129.95
    Unit price
    per 

    Limited Stock

    PRODUCT CODE: 9781415340493

    Shipping within 3-5 working days

    Product Details
    Onwankelbare hoop bied praktiese leiding om jou moeilike omstandighede te oorkom, innerlike vrede terug te kry, vasberadenheid te bou en jou toekomsvrese met ’n oorwinnarsgees te trotseer. Die samelewing vandag beskik oor meer kennis as ooit tevore en ons word nimmereindig vermaak. Ons het tegnologiese hulpmiddels waarvan ons ouers net kon droom. Tog, meer as ooit in die verlede, hunker ons na hoop. Ná 40 jaar in die bediening het Max Lucado geleer dat niks ’n mismoedige, desperate hart so opbeur soos God se beloftes nie. In ’n wêreld vol wanhoop, depressie, angs en onsekerheid, het ons nie nog kenners se opinies of raaiskote nodig nie; ons het besliste verklarings van ons magtige, liefdevolle God nodig.
    Onwankelbare hoop ondersoek 12 van God se beloftes wat Lucado deur die jare gereeld gebruik het om homself en ander te bemoedig. Elke hoofstuk kyk na een betekenisvolle belofte en wys hoe dit jou sal help om jou uitdagings te bowe te kom, langdurige sekerheid te ervaar en wyse besluite te neem.
    Waaraan is jou vertroue geanker – die omstandighede van jou lewe of aan God se beloftes? Vir elke probleem in die lewe antwoord God met ’n belofte. Ondersoek saam met Max Lucado hierdie onbreekbare beloftes in die Woord en leer hoe jy ook met onwankelbare hoop kan leef.
    Specifications
    1. Category : Christelike Leefwyse
    2. SKU : 9781415340493
    3. Barcode : 9781415340493
    4. Size : 152 x 220 mm
    5. Long Author : Max Lucado
    1. Number of Pages : 232 pp
    2. Language : Afrikaans
    3. Format : Paperback
    4. Publisher : Struik Christian Media

    Recently Viewed