PLEASE NOTE: FOR MORE INFORMATION & RESOURCES ABOUT COVID-19, PLEASE VISIT HTTPS://SACORONAVIRUS.CO.ZA

Free National Shipping on Orders over R450!
Om In Die Hemel Wakker Te Word (Sagteband)

Om In Die Hemel Wakker Te Word (Sagteband)

Crystal McVea
Free National Shipping on Orders over R450!
CUMBookssa
Crystal McVea
Regular price
Sold out
Sale price
R49.96
Unit price
per 

Om in die hemel wakker te word vertel die merkwaardige verhaal van ’n vrou wat geteister was deur skuldgevoelens en skeptisisme en ’n dramatiese ommekeer ondergaan het na haar nege minute in die hemel. 

Crystal McVea was vir die grootste deel van haar lewe ongelowig en ’n verlede van mishandeling en verkeerde keuses het haar verwyder van God. Sy het selfs aan sy bestaan getwyfel. Toe breek 10 Desember 2009 aan – die dag wat haar lewe vir altyd sou verander. 

Vir nege minute daardie nag het Crystal heeltemal opgehou asemhaal. Sy was bewusteloos, en onbewus van die krisis wat om haar aangegaan het en hoe die personeel geworstel het om haar lewe te red. Crystal onthou weinig van die trau­ma, maar weet net dat sy in die hemel en in God se teenwoordigheid wakker ge­word het. In die boek bespreek Crystal sommige van die buitengewone dinge wat sy in die hemel teëgekom en beleef het, insluitend die asemrowende poorte van die hemel, ons beskermengele en ’n visioen van haar jonger self. 

Om in die hemel wakker te word neem lesers op ’n reis waar hul uit die oë van ’n gebroke vrou die meedoënlose strewe na ’n lewe saam met God kan aanskou. Saam met haar sal hulle uiteindelik van die liefde en helende krag van God se teenwoordigheid kan getuig.

  1. Category Biografie / Outobiografie
  2. SKU 9781415324448
  3. Barcode 9781415324448
  4. Size 152 x 229 mm
  5. Long Author Crystal McVea
  1. Number of Pages 304 pp
  2. Language Afrikaans
  3. Format Paperback
  4. Publisher Struik Christian Media

Recently Viewed Products