’N Boodskap Van Hoop (Sagteband)
By: Karien Basson

Product Details
Vir dekades al deel die mense van Suid-Afrika ’n passie vir sport. Maar wat ons regtig saamsnoer, is die Hoop wat in ons hart leef. Karien Basson bring hierdie twee eg-Suid-Afrikaanse elemente saam in een inspirasie-aanbieding.
In ’n Boodskap van hoop deel 50 sportsterre, onder andere Duane Vermeulen, Eben Etzebeth, Marcell Coetzee, Cornal Hendricks, LJ van Zyl, JP Duminy en Maryka Holtzhausen wat die éintlike doel in hulle lewe is – om ’n lewe te leef wat God sal verheerlik. Hulle deel teksverse wat hulle na aan die hart lê, bied persoonlike boodskappe aan lesers en dra die hoop uit wat hulle vir Suid-Afrika en sy mense koester. Die boek word afgerond met foto’s uit die sterre se persoonlike foto-albums en interessante feite oor ’n verskeidenheid sportsoort en sportgebeure. Dit is ook die ideale geskenk vir handtekeningversamelaars.
’n Boodskap van hoop is ’n versamelstuk vol hoop en bemoediging uit die hart van sommige van ons mees geliefde sportsterre.
Specifications

- Category : Christelike Leefwyse
- SKU : 9781431613182
- Barcode : 9781431613182
- Size : 148 x 210 mm
- Long Author : Karien Basson
- Number of Pages : 216 pp
- Language : Afrikaans
- Format : Paperback
- Publisher : Christelike Uitgewersmaatskappy