PLEASE NOTE: FOR MORE INFORMATION & RESOURCES ABOUT COVID-19, PLEASE VISIT HTTPS://SACORONAVIRUS.CO.ZA

Ja Vir God, Nee Vir Kerk? (Sagteband)

By:
Kobus Kok
Ja Vir God, Nee Vir Kerk? (Sagteband)
  • Load image into Gallery viewer, Ja Vir God, Nee Vir Kerk? (Sagteband)
  • Ja Vir God, Nee Vir Kerk? (Sagteband)

    By:
    Kobus Kok
    CUM Books
    Kobus Kok
    Regular price
    R155.00
    Sale price
    R155.00
    Unit price
    per 

    This item is in stock

    PRODUCT CODE: 9781432208677

    Shipping within 3-5 working days

    Product Details
    Ja vir God, nee vir die kerk ... dis hoe baie Christene voel. Volgens ’n studie is daar nou 30 miljoen mense in Amerika wat nie meer kerk toe gaan nie. In België is slegs 2% van die bevolking aan die Protestantse geloof verbind.
    “Jammer om dit te sê, maar Suid-Afrika is nie ver van hierdie trajek af nie. Indien die kerk nie nou radikaal wakker skrik nie, is dit onafwendbaar dat die kerk soos ons dit ken, ’n stadige (of dalk vinnige) dood gaan sterf,” sê Kobus Kok.
    Kerkverlaters skryf nie God af nie. Hulle is bloot klaar met ’n instelling wat nie meer tot hulle geestelike groei bydra nie, en in sommige gevalle selfs hulle geloofsreis kniehalter.
    Ons het dringend antwoorde nodig. Ons moet verstaan wat die probleem is sodat ons ’n manier kan vind om hierdie neiging om te keer.
    In Ja vir God, nee vir die kerk? praat Kobus Kok reguit hieroor. Hy skryf eerlik oor sy lewenslange liefde vir God, sy uitdagings as pastoriekind en sy lewe as NG predikant, asook sy lewe tans as professor en hoof van die departement Nuwe Testament aan die Evangelische Teologische Faculteit Leuven in België.
    Kobus glo dat verandering by die waarheid begin. Wanneer jy eerlik en opreg besin oor die skadu’s in jouself, jou mense, jou kerk en selfs jou verhouding met God, groei en verdiep jy werklik.
    Specifications
    1. Category : Geestelike Verryking
    2. SKU : 9781432208677
    3. Barcode : 9781432208677
    4. Size : 148 x 210 mm
    5. Long Author : Kobus Kok
    1. Number of Pages : 192 pp
    2. Language : Afrikaans
    3. Format : Paperback
    4. Publisher : Carpe Diem Media

    Recently Viewed

    [9:12 AM] Michael Pretorius