PLEASE NOTE: FOR MORE INFORMATION & RESOURCES ABOUT COVID-19, PLEASE VISIT HTTPS://SACORONAVIRUS.CO.ZA

Free National Shipping on Orders over R450!
In Christus Alleen (Luukse Leer Sagteband)

In Christus Alleen (Luukse Leer Sagteband)

Robert Yarbrough,Victor Kuligin
Free National Shipping on Orders over R450!
CUMBookssa
Robert Yarbrough,Victor Kuligin
Regular price
R100.00
Sale price
R100.00
Unit price
per 

In 2017 vier ons die 500 jaar herdenking van die Hervorming. ’n Beweging gebore uit mense soos Martin Luther en Johannes Calvyn se ontevredenheid met die wanpraktyke van die Rooms-Katolieke Kerk van die 16de eeu. ’n Beweging wat die Christendom en Christelike kerk vir ewig sou verander.
Die Protestantse Hervorming het oor basies 5 groot punte met die Rooms-Katolieke verskil. Hierdie punte word bondig weergegee in die 5 solas, wat vandag as die boustene van die Protestantse Kerk beskou kan word:

1. Sola Scriptura – die Skrif alleen
2. Sola Gratia – deur genade alleen
3. Sola Fide – deur geloof alleen
4. Solus Christus – in Christus alleen
5. Soli Deo Gloria – tot eer van God alleen

In Christus alleen kyk na die historiese erfenis van elke sola. Dit doen ’n diepgaande ondersoek na wat elk van die solas is en hulle praktiese implikasie vir hedendaagse Christene. Elke hoofstuk gee ’n aanhaling deur en biografiese inligting oor ʼn baie bekende hervormer, asook sleutel-teksverse om die betekenis van die sola verder te verduidelik.
In Christus alleen met sy luukseleer-buiteblad is ’n pragtige en insiggewende boek geskik vir enige naslaanrak.
  1. Category Geestelike Verryking
  2. SKU 9781431618026
  3. Barcode 9781431618026
  4. Size 124 x 178 mm
  5. Long Author Robert Yarbrough,Victor Kuligin
  1. Number of Pages 132 pp
  2. Language Afrikaans
  3. Publisher Christelike Uitgewersmaatskappy

Recently Viewed Products