{"product_id":"hosea-n-bybelstudie-sagteband","title":"Hosea – ’n Bybelstudie (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eGod se oordeel oor sonde is ’n realiteit, maar sy hartsbegeerte is dat elke mens gered sal word; daarom sal Hy nooit ophou om sy kinders te vermaan en na Hom terug te roep nie. En Hy doen dit vandag nog met ons.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDeur die gebeure van Hosea sal hierdie feit vir moderne gelowiges duidelik word. Riekert Botha deel die boek Hosea in twee en bespreek eerstens God se aanklagte teen sy volk en dan God se beloftes van herstel. Gelowiges sal deur die 8 studies ontdek dat sonde nooit ’n onoorkombare uitdaging vir God se genade en verlossing is nie. Hierdie Bybelstudie sal lesers ook help verstaan hoe die gebeure in die tyd van Hosea in Jesus vervul word sodat God se verlossingsplan vir die mens selfs nog duideliker word.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDie 8 studies en vrae vir nadenke kan in groepsverband bespreek word, maar is ook ideaal om op jou eie deur te werk. Dit sal gelowiges toerus om werklik vir God te leef en toerus om die boodskap van die evangelie uit te dra.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42880807534688,"sku":"9780638011210","price":79.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9780638011210_front.jpg?v=1781691244","url":"https:\/\/cumbooks.co.za\/products\/hosea-n-bybelstudie-sagteband","provider":"CUM Books","version":"1.0","type":"link"}