PLEASE NOTE: FOR MORE INFORMATION & RESOURCES ABOUT COVID-19, PLEASE VISIT HTTPS://SACORONAVIRUS.CO.ZA

Free National Shipping on Orders over R450!
Hoe Om 'n Dame Groot Te Maak (Sagteband)

Hoe Om 'n Dame Groot Te Maak (Sagteband)

Kay West
Free National Shipping on Orders over R450!
CUMBookssa
Kay West
Regular price
Sold out
Sale price
R9.95
Unit price
per 

Toe jy jou babadogtertjie vir die eerste keer vasgehou het, het jy seker gedroom oor wie sy eendag sal word – ’n aangename dame wat sal weet hoe om bekoorlike geselskap te wees en wanneer om stil te bly. Sy sou altyd hoflik wees en presies weet hoe om haar in verskillende omstandighede te gedra, of sy nou saam met ouma by die ballet is of sommer gaan rugby kyk op ’n Saterdagmiddag. Maar daardie klein, pienk bondeltjie is nie gebore met al hierdie kennis nie. Jou dogter het jou leiding nodig, anders sal sy nooit weet hoeveel parfuum te veel en hoeveel dankbaarheid te min is nie. 

Hoe om ’n dame groot te maak is deel van die Goeie Maniere-Reeks wat die tydlose, basiese beginsels van goeie gedrag verduidelik. Dit is vol kosbare lesse vir jou dame-in-wording en is gefokus op baie relevante onderwerpe soos om by vriende oor te slaap, seks, geloof, politiek en om asseblief en dankie te sê. Dit sluit in: 

  • Persoonlike stories oor elke onderwerp 
  • Voorstelle vir ouderdomme wanneer kinders sekere reëls moet begin toepas 
  • Nuttige idees geskryf sodat jy dit maklik kan onthou 
  • Voorstelle oor hoe ouers ’n goeie voorbeeld kan stel 

Hoe om ’n dame groot te maak is ’n nuttige gids vir alle ouers wat hoop hul klein dogtertjies sal vroue word op wie hulle trots kan wees.

  1. Category Gesin & Ouerskap
  2. SKU 9781415324288
  3. Barcode 9781415324288
  4. Size 137 x 178 mm
  5. Long Author Kay West
  1. Number of Pages 192 pp
  2. Language Afrikaans
  3. Format Paperback
  4. Publisher Struik Christian Media

Recently Viewed Products