{"product_id":"groete-uit-skotland-sagteband","title":"Groete uit Skotland (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eFrances vlug van ’n hartseer verlede weg na ’n koue Skotland toe.\u003cbr\u003eHier, waar haar ma se mense vandaan kom, wil sy graag ’n nuwe lewe begin en vergeet van wat gebeur het.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDaar aangekom, laat weet sy haar ouma Martie wat op ’n plaas naby Hazyview woon.\u003cbr\u003eSy begin werk as ’n onderwyseres by ’n plaaslike skool en loseer by gawe Skotte, maar selfs die pragtige landskap en mense is nie altyd genoeg om haar siel te salf nie.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eIn Suid-Afrika vind Martie dit moeilik om alles alleen te behartig.\u003cbr\u003eDit is nie maklik om ’n weduwee op ’n plaas te wees en haar kleinkinders groot te moes maak nie, al doen sy so met baie liefde en geloof.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eToe Frances se broer, Deon, gewerf word deur ’n skool in Pretoria voel sy egter heeltemal alleen.\u003cbr\u003eNa onstellende gebeure op die plaas, besef Martie dat sy ’n plaasbestuurder sal moet aanstel, en só betree Dillon Geduld haar wêreld.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eGerbrand is ’n Suid-Afrikaanse predikant in Skotland en worstel met sy eie gebrokenheid en pyn terwyl hy ander moet bystaan.\u003cbr\u003eSy troos is die Skotse landskap, die Woord, sy bediening en sy ouers se ondersteuning.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eEen Sondag sien hy vir Frances raak ... By die kerk ontmoet Frances ’n landheer en word na sy herehuis genooi.\u003cbr\u003eDaar besef sy, sonder dat hulle dit weet, dat die MacIntyres bloedfamilie is ...\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eGroete uit Skotland is verhaal van intrige, familiebande en verrassings.\u003cbr\u003eGebroke mense vind hoop en bemoediging by mekaar terwyl hul worstel deur hulle eie verliese, verhoudings en teleurstellings.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eSoms draai dinge nie uit soos jy verwag het nie, selfs nie eers op die asemrowende hooglande en eilande van Skotland nie.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42908291924064,"sku":"9781779881045","price":300.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781779881045_front.jpg?v=1782812867","url":"https:\/\/cumbooks.co.za\/products\/groete-uit-skotland-sagteband","provider":"CUM Books","version":"1.0","type":"link"}