{"product_id":"geloof-vir-n-tyd-soos-hierdie-bybelstudie-sagteband","title":"Geloof vir ’n Tyd soos Hierdie Bybelstudie (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e“’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is ’n lyk. So is geloof wat nie dade word nie, ook dood.” So verduidelik Jakobus 2:26 die kern van dié boek. Jakobus maak seker gelowiges wéét: Jou geloof is nie iets op papier of bloot ’n stel reëls nie. Dit lewe in jou en laat jou lewe.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJohan Smit skets in \u003cb\u003e\u003ci\u003eGeloof vir ’n tyd soos hierdie\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e ’n prentjie vir die hedendaagse leser van wie Jakobus was en hoe hy die Joodse Christene, wat in die tradisie van die Ou Testament grootgeword het, teen wettiesheid en vormgodsdiens wou waarsku. Die 7 studies in hierdie Bybelstudie fokus op temas soos beproewing en blydskap, woorde en dade, versoekings en die vrug van wysheid. \u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie Bybelstudie kan gebruik word deur individue en kleingroepe. Die volledige Bybelteks van Jakobus is ook ingesluit.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":42880807469152,"sku":"9780638011166","price":79.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":false}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9780638011166_front.jpg?v=1781691244","url":"https:\/\/cumbooks.co.za\/products\/geloof-vir-n-tyd-soos-hierdie-bybelstudie-sagteband","provider":"CUM Books","version":"1.0","type":"link"}