PLEASE NOTE: FOR MORE INFORMATION & RESOURCES ABOUT COVID-19, PLEASE VISIT HTTPS://SACORONAVIRUS.CO.ZA

Finesse Beplanner 2020 (Sagteband Dagbeplanner)

Finesse Beplanner 2020 (Sagteband Dagbeplanner)
  • Load image into Gallery viewer, Finesse Beplanner 2020 (Sagteband Dagbeplanner)
  • Finesse Beplanner 2020 (Sagteband Dagbeplanner)

    CUM Books
     
    Regular price
    R215.00
    Sale price
    R215.00
    Unit price
    per 

    This Item is out of stock

    PRODUCT CODE: 9781432209063

    Product Details
    Party dae gaan dit doller as kop af. Daar is soms net te min ure in elke dag. Jy wil so graag die dinge wat regtig belangrik is, ’n prioriteit maak. Maar hoe doen ’n mens dit met ’n oorvol program?

    Hier is die goeie nuus. In plaas daarvan om bloot die chaos te bestuur, kan jy elke oomblik laat tel, met die Finesse Dagbeplanner.

    Hierdie alles-in-een-beplanner help jou om te fokus op dit wat regtig saak maak. Dit help jou om doelgerig te leef en jou geloof ook deel te maak van jou dag-tot-dag-roetine.

    Wat jy in die Finesse beplanner 2020 kry:

    Doelbewuste refleksie
    In plaas daarvan dat jy toegegooi bly onder al die doenlysies en nie by jou gees uitkom nie, sal die weeklikse refleksie jou help om God se plan vir jou lewe te ken. Sodoende kan dit wat jy vir elke dag beplan, daarby inpas.

    Bladsye vir stil word
    Hierdie bladsye het spasies waar jy notas of joernaalinskrywings oor jou pad saam met God kan maak. So kan jy neerpen wat Hy besig is om jou op hierdie reis te leer.

    Effektiewe beplanning
    Aan die begin van elke maand is daar ’n maandelikse kalender sodat jy met een oogopslag kan sien wat alles daardie maand moet gebeur. Daar is ook ’n doenlysie vir al daardie huishoudelike take, vir elke vertrek van die huis.

    Weeklikse beplanner
    Met oop spasies vir elke dag se take en ekstra plek vir ’n inkopielysie, bly jy maklik op hoogte met elke dag se program.
    Specifications
    1. Category : Dagbeplanners
    2. SKU : 9781432209063
    3. Barcode : 9781432209063
    4. Size : 168 x 240 mm
    1. Number of Pages : 256 pp
    2. Language : Afrikaans
    3. Format : Paperback
    4. Publisher : Carpe Diem Media

    Recently Viewed