PLEASE NOTE: FOR MORE INFORMATION & RESOURCES ABOUT COVID-19, PLEASE VISIT HTTPS://SACORONAVIRUS.CO.ZA

Die Doelgerigte Lewe Dagstukkies Vir Kinders (Hardeband)

Die Doelgerigte Lewe Dagstukkies Vir Kinders (Hardeband)
  • Load image into Gallery viewer, Die Doelgerigte Lewe Dagstukkies Vir Kinders (Hardeband)
  • Die Doelgerigte Lewe Dagstukkies Vir Kinders (Hardeband)

    CUMBookssa
    Rick Warren
    Regular price
    R179.95
    Sale price
    R179.95
    Unit price
    per 

    This Item is out of stock

    PRODUCT CODE: 9781415335413

    Notify Me When Available

    Product Details

    Die splinternuwe Die doelgerigte lewe dagstukkies vir kinders, bied 365 splinternuwe  dagstukkies aan kinders tussen die ouderdomme van agt en twaalf jaar. Dit is geskoei op Rick Warren se internasionale topverkoper vir volwassenes, Die doelgerigte lewe.

    Kinders se grondslag vir hul gedagtes oor God en hul plek in die wêreld word gewoonlik in hierdie ouderdomsfase gevorm. Met hierdie dagstukkieboek deur Rick Warren in die hand, sal kinders ’n dieper insig kan ontwikkel oor hul doel in die lewe.

    Die doelgerigte lewe dagstukkies vir kinders se 365 oordenkings sluit aan by die temas en idees wat in Die doelgerigte lewe uiteengesit word. Elke dagstukkie bevat ’n Skrifaanhaling, ’n kort boodskap asook ’n gebed of ’n gedagte vir die dag – alles in ouderomsgepaste, gebruikervriendelike uitleg. Dit sal kinders help om te ontdek wie hulle werklik in die oë van die Here is.

    Deur tot die jonger geslag se harte deur te dring, kan ons help verseker dat hulle hul lewensdoel ontdek. So kan hulle dan grootword met die selfvertroue dat hulle, asook hul verhouding met God, waardevol is vir Hom. God het elkeen van sy kinders met ’n spesifieke doel in gedagte geskep … dit is nou die tyd om deur oordenking en gebed die ongelooflike reis te begin om daardie doel te ontdek.

    Specifications
    1. Category : Kinders
    2. SKU : 9781415335413
    3. Barcode : 9781415335413
    4. Size : 150 x 220 mm
    5. Long Author : Rick Warren
    1. Number of Pages : 384 pp
    2. Language : Afrikaans
    3. Format : Hardcover
    4. Publisher : Struik Christian Media

    Recently Viewed