Geloof Vir 'n Tyd Soos Hierdie (Sagteband)
By: Johan Smit

Product Details
“ʼn Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood.” So verduidelik Jakobus 2:26 die kern van dié boek. Jakobus maak seker gelowiges wéét: Jou geloof is nie iets op papier of bloot ’n stel reëls nie. Dit lewe in jou en laat jou lewe.
Johan Smit skets in Geloof vir ’n tyd soos hierdie vir die hedendaagse leser ’n prentjie van wie Jakobus was en hoe hy die Joodse Christene, wat in die tradisie van die Ou Testament grootgeword het, teen wettiesheid en vormgodsdiens wou waarsku. Die Bybelstudie fokus in 18 dele op temas soos beproewing en blydskap, woorde en dade, versoekings en die vrug van wysheid.
Die besprekingsvrae en deurlopende nadink-vraag wat elke hoofstuk afsluit, maak die Bybelstudie ideaal vir individue en kleingroepe. Die volledige Bybelteks van Jakobus is ook ingesluit.
Specifications

- Category : Bybelstudie
- SKU : 9781431610044
- Barcode : 9781431610044
- Size : 148 x 210 mm
- Long Author : Johan Smit
- Number of Pages : 124 pp
- Language : Afrikaans
- Format : Paperback
- Publisher : Christelike Uitgewersmaatskappy