{"title":"Boeke vir Kinders","description":"","products":[{"product_id":"die-aksie-bybel-raai-raai-speletjie-vir-die-hele-gesin-boksstel","title":"Die Aksie-Bybel Raai-Raai-Speletjie Vir Die Hele Gesin (Boksstel)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eAs kinders van \u003ci\u003eDie Aksie-Bybel \u003c\/i\u003egehou het, sal hulle mal wees oor \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie Aksie-Bybel: Raai-raai-speletjie\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e. Dit was nog nooit so lekker of maklik om die Bybel te leer ken nie.\u003cbr\u003eHierdie prettige speletjie bied:\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003e99 kaartjies met 20 leidrade elk oor ŉ persoon, plek of voorwerp in die Bybel, asook Skrifverwysings om verdere Bybellees aan te moedig\u003c\/li\u003e \u003cli\u003e’n Vinnige verwysing na waar die storie in \u003ci\u003eDie Aksie-Bybel\u003c\/i\u003e gevind kan word\u003c\/li\u003e \u003cli\u003e’n Instruksiekaartjie met aanwysings vir 3 maniere waarop die speletjie gespeel kan word\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003cp\u003eDie kaartjies is geïllustreer deur Sergio Cariello, wat \u003ci\u003eDie Aksie-Bybel \u003c\/i\u003egeïllustreer het. Hierdie speletjie is ideaal om in die kar te speel op die langpad of sommer vir ’n speletjiesaand by die huis. Dit sal kinders se kennis van die Bybel op ’n prettige en interaktiewe manier verbreed.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32154702250080,"sku":"9781431618507","price":149.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431618507_front_5ebb2714-8c9f-455f-9d28-9b7a13b73a3a.jpg?v=1784167632"},{"product_id":"die-aksie-bybel-hardeband","title":"Die Aksie-Bybel (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eKom deel in die opwinding van die wêreld se wonderlikste storie ooit. \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie Aksie-Bybel\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bied meer as 200 kort, aksiebelaaide Bybelstories in chronologiese volgorde. Dit verseker dat lesers die historiese vloei van die Bybel beter verstaan, en dra ook by tot ’n kragtiger opbou na die opwindende hoogtepunt.\u003cbr\u003eDie aangrypende Ou- en Nuwe-Testamentiese stories in \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie Aksie-Bybel\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e kommunikeer Bybelse waarhede duidelik en kragtig aan hedendaagse lesers. Die gemaklike skryfstyl en dramatiese illustrasies sal aanklank vind by kinders en almal wat jonk van gees is. Skrifverwysings kom aan die begin van elke storie voor om verdere Bybellees aan te moedig, en ŉ volledige Skrifindeks kom agter in die Bybel voor.\u003cbr\u003eInternasionaal erkende kunstenaar Sergio Cariello se aangrypende, kleurryke illustrasies word gekenmerk deur dramatiese skakerings, sterk en energieke ontwerpe en emosioneel gelaaide figure.\u003cbr\u003eHierdie is die verhaal van God se verlossing – in aksie!\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32154712178784,"sku":"9781431615995","price":289.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431615995_front.jpg?v=1784246954"},{"product_id":"onbeskryflik-hardeband","title":"Onbeskryflik (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e \u003cb\u003e\u003ci\u003eOnbeskryflik\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e: 100 dagstukkies oor God en wetenskap sal leergierige kinders aangryp en hulle wys God se ontwerpplan is regtig wonderlik. In hierdie dagstukkies nooi bekende pastor Louie Giglio kinders om te dink oor die dinge in ons alledaagse lewe. Temas wat gedek word sluit in: die Aarde, die buitenste ruim, die menslike liggaam, diere en die weer. Die boekie is vol prettige kleurillustrasies asook foto’s wat die skoonheid vasvang van die wêreld waarin ons leef. Dit beloof om kinders se begrip van die heelal uit te daag, maar steeds hul geloof in ons Skepper-God te versterk. Elke dagstukkie bevat ’n wetenskaplike gedeelte met interessante feite en eksperimente wat die kinders self of saam met hul ouers kan doen, asook ’n gepaste Bybelvers en gebed. \u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32155723038816,"sku":"9781415336069","price":279.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781415336069_front.jpg?v=1784074028"},{"product_id":"eerste-bybel-vir-kleingoed-kartonboekie","title":"Eerste Bybel Vir Kleingoed (Kartonboekie)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eEerste Bybel vir kleingoed\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bevat van die bekendste Bybelverhale, pragtig geillustreer, wat God bladsy vir bladsy aan kleingoed bekend sal stel. Dit sal kleingoed help om die eerste treë in hul geloof te neem en om die God te leer ken wat hulle liefhet! Kleingoed sal dit geniet om na die mense en diere in die kleurvolle kunswerk op elke bladsy te kyk, wat dit die perfekte keuse maak as jou baba se eerste Bybel!\u003cbr\u003e• Vir 0- tot 3-jariges\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32155764555872,"sku":"9781415340554","price":229.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781415340554_front.jpg?v=1784081393"},{"product_id":"god-is-liefde-bybel-kartonboekie","title":"God Is Liefde Bybel (Kartonboekie)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie 18 Bybelstories in hierdie boek vertel van die wonderlike feit van God se liefde en gee elke kind die kans om te leer dat hulle in God se oë uiters kosbaar is. Elke Bybelstorie verwys na ’n bekende Bybelvers wat spesifiek gekies is om die waarheid in elke storie uit te lig. Eenvoudige teks en pragtige illustrasies maak \u003ci\u003eGod is liefde Bybel\u003c\/i\u003e die ideale boekie vir kleingoed. Saam met die pragtige illustrasies, sal hierdie stories aan kinders ’n beter begrip van die boodskap van die Bybel gee, sodat hulle met sekerheid kan sê \"God is lief vir my\" en ook verstaan hoekom!\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eVir 0- tot 3-jariges\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32155765571680,"sku":"9781415340653","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781415340653_front.jpg?v=1784081394"},{"product_id":"my-eie-bybel-hardeband","title":"My Eie Bybel (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eMy eie Bybel\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is die perfekte geskenk. Hierdie Kinderbybel bevat 'n versameling van al die klassieke, gewildste Bybelstories, waaronder al die immergroen gunstelinge wat by almal byval vind. Die stories word op ’n eenvoudige manier deur Bethan James aangebied sodat die kleinspan dit sal kan verstaan.\u003cbr\u003eAl die stories is kleurvol geïllustreer deur die ervare kinderboek-illustreerder, Estelle Corke.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32155768750176,"sku":"9781415330081","price":85.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781415330081_front.jpg?v=1783908436"},{"product_id":"wees-n-seun-na-god-se-hart-sagteband","title":"Wees 'N Seun Na God Se Hart (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eVertrek op ’n wonderlike avontuur saam met God!\u003cbr\u003eDie 140 kort oordenkings in \u003cb\u003e\u003ci\u003eWees ’n seun na God se hart\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e sal jong seuns help ontdek dat God hulle liefhet en ’n wonderlike lewe vir hulle beplan. Hulle sal alles leer wat hulle nodig het om die lewe te hanteer, soos die keuse van vriende, besluite, ’n gesonde gebedslewe en geloofsgroei. Jong seuns sal deur hierdie oordenkings ervaar hoe lief God hulle het en meer leer van sy sorg vir hulle. Dit is die ideale bousteen vir ’n lewenslange verhouding met ’n liefdevolle Vader.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32155971813472,"sku":"9781431624348","price":139.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431624348_front.jpg?v=1784167686"},{"product_id":"word-n-volgeling-van-jesus-sagteband","title":"Word 'N Volgeling Van Jesus (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eWord ’n volgeling van Jesus\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is ’n handige evangelisasie-boekie wat help om die Goeie Nuus oor Jesus aan kinders oor die hele wêreld te verkondig.\u003cbr\u003eHierdie boekie deur topverkoper-outeur Dave Strehler is ’n wonderlike hulpmiddel om iemand na Jesus te lei. Jong gelowiges sal ook ontdek hoe hulle geloof kan groei, hoe om die Bybel te lees en te bid.\u003cbr\u003eAnder spesiale kenmerke sluit in:\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003ePlek waar hulle kan aanteken wanneer hulle hul lewe vir Jesus gegee het\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eAanwysings hoe om hulle eie verlossingsarmband te maak\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32173990248544,"sku":"9781431621477","price":20.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431621477_front.jpg?v=1784167640"},{"product_id":"max-lucado-kinderboek-omnibus-sagteband","title":"Max Lucado Kinderboek-Omnibus (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eHierdie omnibus bestaan uit drie boekies van die immergewilde Pinkenolsie. Dit bring ’n boodskap dat elke mens vir God spesiaal is omdat Hy elkeen uniek gemaak het. Dis ’n wonderlike geskenk wat kinders sal koester selfs wanneer hulle al groot is.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eJy is spesiaal\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e\u003cbr\u003eDie Wemmels doen elke dag dieselfde ding: hulle plak óf goue sterre óf grys kolle op mekaar. Dié wat mooi en talentvol is, kry altyd goue sterre. Dié wat egter min kan doen of stukkende hout het, kry lelike kolle. Kinders sal mal wees daaroor om te sien hoe Eli vir Pinkenolsie oortuig dat hy baie spesiaal is, net soos hy is! So sal hulle besef dat hulle self ook kosbaar is vir God.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eJy is myne\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e\u003cbr\u003eDie behoefte om “belangrik” te wees veroorsaak al weer chaos in Wemmeldorp. Pinkenolsie is natuurlik weer in die middel daarvan. Volg sy avontuur terwyl hy ’n les leer wat kinders altyd moet onthou: dis nie wat jy het wat jou kosbaar maak nie, maar die feit dat jy aan God behoort.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eDie heel beste\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e\u003cbr\u003eWanneer Alta Wonderlik in Wemmeldorp aankom, wil almal deel van haar klub wees. Pinkenolsie mag nie deel wees nie, want hy is van die verkeerde hout gemaak. Eli die houtsnyer wys vir Pinkenolsie dat hy baie spesiaal is omdat Eli hom gemaak het. Kinders sal besef hulle hoef nie soos iemand gewild te wees om spesiaal te wees nie. God het elkeen van ons met ’n doel gemaak soos ons is.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32173999226976,"sku":"9781431614028","price":155.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431614028_front.jpg?v=1784160401"},{"product_id":"die-kinderbybel-hardeband","title":"Die Kinderbybel (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eByna 300 onvergeetlike verhale van die Bybel word op dramatiese en aanskoulike wyse deel van kinders se lewe.\u003cbr\u003eDie kleurvolle illustrasies maak die gebeure vir die kind aangrypend werklik en boei sy aandag van die eerste tot die laaste bladsy. Die verhale bly ook deurgaans Skrifgetrou en by elkeen word toepaslike Skrifverwysings gegee.\u003cbr\u003eIn \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie Kinderbybel \u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003eword die mooiste verhale van die Bybel boeiend oorvertel sodat elke kind dit sal verstaan en onthou.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32174008238176,"sku":"1868294412","price":349.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/1868294412_front_34690cae-9bc3-46b2-b370-021292759b66.jpg?v=1784254031"},{"product_id":"n-ontdekkingsreis-deur-die-bybel-vir-kinders-sagteband","title":"'N Ontdekkingsreis Deur Die Bybel - Vir Kinders (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDave Strehler bied met \u003cb\u003e\u003ci\u003e’n Ontdekkingsreis deur die Bybel – vir kinders\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e ’n Bybelhandboek spesiaal vir die jongklomp.\u003cbr\u003eDié boek sal kinders help om sin te maak van die Bybel deur vir hulle praktiese, lekker en interessante maniere te wys om dinge oor die Bybel te leer.\u003cbr\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003e’n Ontdekkingsreis deur die Bybel – vir kinders\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e lei kinders deur die Bybel deur die volgende opwindende bywerkings:\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eantwoorde op die algemeenste vrae wat hulle het oor gebeure en karakters in die Bybel\u003c\/li\u003e \u003cli\u003einteressante feite om hulle te stimuleer en hulle belangstelling te wek\u003c\/li\u003e \u003cli\u003evisuele voorstellings van wat hulle lees om hulle te help verstaan en onthou\u003c\/li\u003e \u003cli\u003ehedendaagse toepassings van sekere Bybelse konsepte en tradisies\u003c\/li\u003e \u003cli\u003ewoordverklarings\u003c\/li\u003e \u003cli\u003evrae met Bybelse verwysings vir antwoorde om hulle insig te verryk\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32174008762464,"sku":"9781431611478","price":115.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431611478_front.jpg?v=1784254033"},{"product_id":"die-klassieke-kinderbybel-storieboek-hardeband","title":"Die Klassieke Kinderbybel-Storieboek (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eDie klassieke Kinderbybel-storieboek\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is die plek waar klassieke Bybelstories en elke leser – jonk of oud – se verbeelding mekaar ontmoet.\u003cbr\u003eJohan en Nina Smit se wonderlike keuse van 100 stories uit die Ou Testament en 100 stories uit die Nuwe Testament is geskryf in ’n taal waarmee kinders kan identifiseer. Hierdie pragtige stories saam met Alan Parry se aangrypende klassieke illustrasies belowe maklik-om-te-lees-stories tesame met ’n insiggewende Bybellees-ervaring.\u003cbr\u003eDie 200 stories in \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie klassieke Kinderbybel-storieboek\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bied Bybelse waarhede deur ’n kombinasie van knap skryfwerk en klassieke illustrasies wat ouer én kind se verbeelding sal aangryp en Bybellees onvergeetlik sal maak.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32174008959072,"sku":"9781770009370","price":239.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781770009370_front.jpg?v=1784167624"},{"product_id":"77-onthou-verse-vir-kinders-sagteband","title":"77 Onthou-Verse Vir Kinders (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eKinders tussen 5 en 8 jaar sal dit geniet om op hierdie prettige manier 77 sleutelteksverse in die Bybel te memoriseer. Hulle lees eers die teksvers, dan skryf hulle dit neer en dan kleur hulle die pragtig ontwerpte teksvers in. Herhaling is die sleutel tot memorisering en hierdie maklik-om-te-gebruik hulpmiddel sal ouers en Sondagskoolonderwysers help om die saad van die Skrif in kinderharte te saai. Ideaal vir Sondagskool of Christelik-gebaseerde tuisonderrig.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32174011580512,"sku":"9781431622511","price":50.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431622511_front.jpg?v=1784074022"},{"product_id":"77-bybelaktiwiteite-vir-kinders-sagteband","title":"77 Bybelaktiwiteite Vir Kinders (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003e77 Bybel-aktiwiteite vir kinders\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is ontwerp om kinders tussen 5 en 8 te vermaak terwyl daar terselfdertyd ’n liefde vir God se Woord in hulle vasgelê word. Kinders sal pret hê terwyl hulle die kolletjies verbind om te sien wat vir Jona ingesluk het en die diere help om Noag se ark te kry. Hulle sal die speletjies geniet en speel-speel leer.\u003cbr\u003eDie speletjies is geskik vir seuns en dogters en sal help om kritiese denke en kreatiewe probleemoplossing te ontwikkel terwyl hulle die speletjies uitpluis wat leeswerk, skryfwerk en tel insluit. Die boek is ideaal vir gebruik in Sondagskoolklasse en Christelike tuisonderrig-kurrikulums.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32174012104800,"sku":"9781431622528","price":50.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431622528_front.jpg?v=1784074022"},{"product_id":"speel-speel-deur-die-bybel-sagteband","title":"Speel-Speel Deur Die Bybel - Kom Speel Saam (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eKinders se gedagtes is altyd besig en reg vir ŉ speletjie of uitdaging. Waarom dit dan nie inspan om hulle op ŉ prettige manier van die Bybel te leer nie?\u003cbr\u003e \u003cb\u003e\u003ci\u003eSpeel-speel deur die Bybel\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bevat meer as 30 speletjies wat kinders speel-speel meer oor die Bybel sal leer. Die speletjies, wat gebaseer is op verskeie geliefde Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament, sal sorg vir ure se pret. Dié samestelling is propvol opvoedkundige speletjies soos paadjies om te soek, kolletjies om te verbind, soek-en-vind-speletjies, inkleurprentjies en vele meer.\u003cbr\u003e \u003cb\u003e\u003ci\u003eSpeel-speel deur die Bybel\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bied die geleentheid vir kinders om op hul eie te speel óf saam met ’n volwassene vir lekker gesinstyd.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32174019379296,"sku":"9781431623037","price":19.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431623037_front.jpg?v=1784254042"},{"product_id":"my-lullabybel-vir-meisies-sponsgevulde-hardeband","title":"My LullaBybel Vir Meisies (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie bekoorlike volkleur-illustrasies sal klein ogies betower voor hulle toeval terwyl Mamma of Pappa die ritmiese gediggies voorlees om hulle aan die slaap te sus.\u003cbr\u003eElke gediggie het ’n gebed en ’n Bybelvers wat ouers sal aanspoor en bemoedig in hulle kosbare taak om kinders groot te maak.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32284370698336,"sku":"9781431623129","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431623129_front_dc53cc23-8c3d-42a6-9986-be2733c24d84.jpg?v=1784081382"},{"product_id":"my-lullabybel-vir-seuns-sponsgevulde-hardeband","title":"My LullaBybel Vir Seuns (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie bekoorlike volkleur-illustrasies sal klein ogies betower voor hulle toeval terwyl Mamma of Pappa die ritmiese gediggies voorlees om hulle aan die slaap te sus.\u003cbr\u003eElke gediggie het ’n gebed en ’n Bybelvers wat ouers sal aanspoor en bemoedig in hulle kosbare taak om kinders groot te maak.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32284371288160,"sku":"9781431623976","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431623976_front.jpg?v=1784254029"},{"product_id":"my-2de-bybel-doen-en-leer-boek-sagteband","title":"My 2de Bybel Doen En Leer Boek (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eMy 2de Bybel doen en leer boek is die volgende vlak van ons Bybel-gebaseerde geletterdheidsreeks. Hierdie boekie leer geletterdheidsvaardighede sowel as Bybelgeletterdheid deur die verhale wat Jesus oor die koninkryk van God vertel het. Onderrig word maklik gemaak deur die gebruik van ikone, flitskaarte en 'n onderwysergids wat in die boek is.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32366456275040,"sku":"9780798217415","price":35.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9780798217415_front.jpg?v=1783858274"},{"product_id":"vreugde-kleuters-bybel-kinders-vier-jesus-sagteband-met-flappe","title":"Vreugde! Kleuters Bybel-Kinders Vier Jesus (Sagteband Met Flappe)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eHierdie kleurvolle geillustreerde Bybel is spesiaal vir \u003cb\u003eVreugde! Kleuters\u003c\/b\u003e geskep.\u003cbr\u003eElke verhaal word vergesel deur 'n gebed, om kinders te help om met God te praat, asook 'n Christelike waarde wat die storie versterk.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eHierdie boek help kinders om \u003cb\u003eVreugde! Kleuters\u003c\/b\u003e te wees. 'n \u003cb\u003eVreugde! Kleuter\u003c\/b\u003e vier die vreugde van Jesus deur 'n vreugde-vervulde lewe te lei.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eLees die Bybelstorie en gesels dan oor die storie en Christelike waardes met jou kind, speel die raai-spel en sê die gebed saam met jou kind op.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32366456864864,"sku":"9781920593476","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781920593476_front.jpg?v=1783858281"},{"product_id":"kleuterkerk-doen-boek-1-sagteband","title":"Kleuterkerk Doen-Boek 1 (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e \u003cb\u003e\u003ci\u003eKleuterkerk 1 Doen-boek\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is die ideale “kategese”-hulpmiddel vir gemeentes wat kleuterkerk-byeenkomste hou. Dit is ook ŉ uitstekende boek vir ouers wat “huiskerk” met hulle voorskoolse kinders wil hou. Hierdie aktiwiteitsboek lê die inhoud van elke aanbieding by die kinders vas met ‘n Bybelvers, ŉ kort boodskap en ‘n gebed. By die boodskap is daar ook ŉ prentjie wat die kinders kan inkleur of ŉ aktiwiteit om te doen. Kleuterkerk 1 Doen-boek is ideaal om jong kinders te leer Jesus is baie lief vir hulle.\u003cbr\u003e Gemeentebediening, Gemeentepakket, JEUG, Peuter (2-5) \u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32396891324512,"sku":"9780864878502","price":110.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9780864878502_front.jpg?v=1784211176"},{"product_id":"die-ja-kleuter-bybel-stories-en-gebede-sagteband-met-flappe","title":"Die Ja\/ Kleuter Bybel Stories En Gebede (Sagteband Met Flappe)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eHierdie kleurvolle geillustreerde Bybelstorie-reeks is spesiaal geskep vir Ja! Kleuters. Elke storie word vergesel deur ’n gebed om kinders te help om met God te praat, en ’n Christelike waarde wat daarby pas. Hierdie boek help kinders om Ja! Kleuters te wees. 'n Ja! Kleuter se ’n groot Ja! om Jesus te volg en om ’n goeie en gelukkige lewe te leef.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32396893093984,"sku":"9781920593568","price":85.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781920593568_front.jpg?v=1783858278"},{"product_id":"die-prentebybel-vir-kleingoed-hardeband","title":"Die Prentebybel Vir Kleingoed (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eDie Prentebybel vir kleingoed\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is ’n versameling van twintig geliefde Bybelverhale waaronder Noag se ark, Daniël in die leeukuil, Die geboorte van Jesus en vele ander. Die kleurvolle illustrasies is kontemporêr sonder om hulle klassieke gevoel prys te gee en sal kleingoed se aandag vasvang terwyl hulle leer dat God alles geskep het, enigiets kan doen, altyd lief is vir ons, altyd goed is, ons gebede verhoor en ons vriend wil wees.\u003cbr\u003eElke verhaal word afgesluit met ŉ toepassing om dit relevant te maak op die kind se lewe. Hierdie verhale sal kinders aanmoedig om hulle eerste geloofstreë te neem. Dit sal hulle help verstaan dat Jesus ons Here en Verlosser is en dat ons nou en vir altyd saam met Hom kan woon!\u003cbr\u003eKinders van vier tot agt sowel as hul ouers sal dol wees oor hierdie pragtige Prentebybel met sy stewige kartonbladsye.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32397387432032,"sku":"9781415341995","price":249.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781415341995_front.jpg?v=1784247017"},{"product_id":"pret-met-letters-stories-en-aktiwiteite-oor-letters-in-die-bybel-sagteband","title":"Pret Met Letters: Stories En Aktiwiteite Oor Letters In Die Bybel (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eOntwikkel jou kind se taalvaardigheid met prettige speletjies en lekkerlees-stories!\u003cbr\u003eIn \u003cb\u003e\u003ci\u003ePret met letters\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e kombineer Wendy Maartens 26 stories met prettige aktiwiteite om 5- tot 8-jariges se taalvaardigheid ’n hupstoot te gee. Wendy het woorde gekies wat ’n Bybelse inslag het, soos ark (A), Betlehemster (B) en Christen (C). Aktiwiteite soos soek die woorde en eenvoudige blokkiesraaisels sal sorg vir ure se pret vir besige lyfies.\u003cbr\u003eDie antwoorde vir die speletjies word agter in die boek voorsien.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39259271004256,"sku":"9781431623181","price":49.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431623181_front.jpg?v=1783860518"},{"product_id":"bybelvrae-en-antwoorde-vir-kinders-sagteband","title":"Bybelvrae En Antwoorde Vir Kinders (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eKinders vra soms uitdagende vrae, soos: Wie het vir God geskep? Waar is die hemel? Hoekom laat God toe dat virusse oorneem? Kan God enigiets doen? Kan Hy dinosourusse weer laat lewe? As God alles weet, hoekom moet ek bid?\u003cbr\u003eDit is soms moeilik om te antwoord op eerlike vrae soos dié. \u003ci\u003eBybelvrae en antwoorde vir kinders\u003c\/i\u003e is ’n handige hulpmiddel vir saamlees of selflees. Dave Strehler, ’n gerespekteerde skrywer met jare lange ervaring in kinderbediening, gee toepaslike Bybelgebaseerde antwoorde op meer as 80 vrae wat kinders vra oor God, geloof en die Bybel.\u003cbr\u003eElke vraag bevat genoegsame Skrifverwysings, ŉ kort bespreking asook ŉ interessante veelkeuse-vraag wat kinders self kan antwoord. Twee woordraaisels is ingesluit wat kinders uitdaag om al die name van die boeke in die Ou en Nuwe Testament op te spoor. Daar is ook ’n afdeling met kort opsommings van elke boek van die Bybel, met sleutelverse uit die boek wat gememoriseer kan word.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39273380675680,"sku":"9781431625079","price":169.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431625079_front.jpg?v=1783860517"},{"product_id":"vrede-vreugde-getrouheid-1-vrugte-van-die-gees-reekshardeband","title":"Vrede Vreugde Getrouheid (1 Vrugte Van Die Gees-Reeks)(Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie Vrugte van die Gees is ’n kinderboek wat gebaseer is op die vrugte van die Gees in Galasiërs 5:22–23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”.\u003cbr\u003eHierdie reeks bestaan uit drie boeke wat elkeen drie spesifieke vrugte van die Gees weergee. Elke boek bevat ’n storie, Bybelstorie, Bybelles, gebed, Bybelvers en ’n praktiese uitdaging vir elke spesifieke vrug in die boek. Al die boeke is helder en kleurvol gedruk.\u003cbr\u003ePikkie Pynappel en Saartjie Suurlemoen verskyn in al die stories saam met die bepaalde vrug wat in daardie storie voorkom. Hierdie vrug leer vir Pikkie en Saartjie ’n karakterles in verhouding tot die vrug van die Gees wat hulle voorstel.\u003cbr\u003eDie \u003ci\u003eVrugte van die Gees-reeks\u003c\/i\u003e is geskryf om klein mensies te leer, te bemoedig en te inspireer oor God se karakter, sodat hulle kan uitstaan en hierdie karaktertrekke ontwikkel regdeur hulle lewens. Dit help ook ouers om hulle kinders Bybelse waarhede te leer.\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eHelder en kleurvolle illustrasies\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eGeestelike waarhede word prettig oorvertel\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eInhoud moedig familiegesprekke, besprekings en Bybelse lering aan\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eVoeg waarde toe tot ouers en kinders\u003c\/li\u003e \u003cli\u003ePerfekte geskenk\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39314564808800,"sku":"9781415342732","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781415342732_front.jpg?v=1784160468"},{"product_id":"liefde-geduld-vriendelikheid-2-vrugte-van-die-gees-reekshardeband","title":"Liefde Geduld Vriendelikheid (2 Vrugte Van Die Gees-Reeks)(Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie \u003ci\u003eVrugte van die Gees\u003c\/i\u003e is ’n kinderboek wat gebaseer is op die vrugte van die Gees in Galasiërs 5:22–23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie reeks bestaan uit drie boeke wat elkeen drie spesifieke vrugte van die Gees weergee. Elke boek bevat ’n storie, Bybelstorie, Bybelles, gebed, Bybelvers en ’n praktiese uitdaging vir elke spesifieke vrug in die boek. Al die boeke is helder en kleurvol gedruk.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003ePikkie Pynappel en Saartjie Suurlemoen verskyn in al die stories saam met die bepaalde vrug wat in daardie storie voorkom. Hierdie vrug leer vir Pikkie en Saartjie ’n karakterles in verhouding tot die vrug van die Gees wat hulle voorstel.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie \u003ci\u003eVrugte van die Gees\u003c\/i\u003e-reeks is geskryf om klein mensies te leer, te bemoedig en te inspireer oor God se karakter, sodat hulle kan uitstaan en hierdie karaktertrekke ontwikkel regdeur hulle lewens. Dit help ook ouers om hulle kinders Bybelse waarhede te leer.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39396901355616,"sku":"9781415342794","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781415342794_front.jpg?v=1783860702"},{"product_id":"eenminuut-oordenkings-vir-kinders-sagteband","title":"Eenminuut-oordenkings Vir Kinders (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eOm wyse besluite te neem en te weet wat die beste manier is om uitdagings by die huis, by die skool of op die sportveld aan te pak, kan vir kinders moeilik wees.\u003cbr\u003eDie daaglikse oordenkings in \u003cb\u003eEenminuut-oordenkings vir kinders\u003c\/b\u003e sal hulle help om leiding uit God se Woord te kry. Deur net ’n paar minute elke dag saam met God deur te bring, sal kinders inspireer om hul uitdagings op die regte manier te hanteer terwyl hulle God se wil vir hulle begin verstaan. God se Woord gee die beste voorbeelde van wat om te doen of te sê in enige situasie.\u003cbr\u003eHierdie kort oordenkings sal kinders help om in die voetspore van die beste Rolmodel in die hele wêreld te stap – Jesus Christus!\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eVir 8- tot 12-jariges\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39402400252000,"sku":"9781431625901","price":79.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431625901_front.jpg?v=1784167698"},{"product_id":"ons-eie-kleuterbybel-hardeband","title":"Ons Eie Kleuterbybel (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eOns eie Kleuterbybel \u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003ebied kinders die bekendste, mees geliefde Bybelverhale, met die besonderse illustrasies van Johann Strauss, een van Suid-Afrika se voorste illustreerders. Dié verhale strek vanaf die Skepping tot die belofte van die nuwe hemel en die nuwe aarde. Dit is 'n onontbeerlike toevoeging tot jong kinders se geloofsvorming en sal 'n kosbare skat in elke huishouding word. Dié klassieke Afrikaanse Kleuterbybel is nou weer verkrygbaar in 'n vars nuwe baadjie.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39414121758816,"sku":"9780796318541","price":350.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9780796318541_front.jpg?v=1784246945"},{"product_id":"melo-se-koninkryk-hardeband","title":"Melo Se Koninkryk (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eMelo se koninkryk\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e neem kinders op ŉ wonderlike avontuur na die Afrika-bos saam met Melo en haar spesiale dierevriende. Elkeen van die bekoorlike stories is gebou op ŉ Afrika-spreekwoord en gebruik Bybelse beginsels om kinders op ŉ boeiende manier te leer en te inspireer. Die stories, geskryf deur Thuli Madonsela en lede van haar familie, beklemtoon die belangrikheid van waardes soos eerlikheid, moed, respek, spanwerk en goedhartigheid, terwyl dit die wonders van die skepping benadruk. Die boodskap van elke storie word versterk deur ŉ relevante teksvers, gebed, vrae vir nadenke, woorde van wysheid en ŉ prettige geloofsgebaseerde aktiwiteit.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39414254796896,"sku":"9781431625666","price":69.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431625666_front_03012214-a648-45f9-bb75-fc070d86dbef.jpg?v=1784081440"},{"product_id":"die-krag-van-n-biddende-meisie-sagteband","title":"Die Krag Van 'N Biddende Meisie (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDeur die loop van haar invloedryke loopbaan as skrywer het Stormie Omartian miljoene vroue geïnspireer om kragtig te bid oor hulle huwelik, gesin en lewe. Nou wil Stormie die volgende geslag gebedstryders leer hoe om met God te praat.\u003cbr\u003eIn \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie krag van ’n biddende meisie\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e ontdek ampertiener-meisies tussen 8 en 12 méér as net hoe om met God te kommunikeer. Hulle sal ontdek hoe lief God hulle het, wat hulle ware geestelike identiteit is, wie Jesus is en hoe hulle Hom as hulle Verlosser kan aanvaar.\u003cbr\u003eElke hoofstuk het eenvoudige vrae om meisies in hulle geloof te help groei, met plek om hulle antwoorde neer te skryf.\u003cbr\u003eVat hande met Stormie en help ampertiener-meisies om die lewensveranderende krag van gebed te ontsluit.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39414285271136,"sku":"9781431625949","price":89.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431625949_front.jpg?v=1783908516"},{"product_id":"my-groot-lofkleuterbybel-sagteband","title":"My Groot Lofkleuterbybel (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eLees, luister en geniet die Bybelverhale, -liedjies en illustrasies saam met jou kleuter. Die Bybelverhale is geskryf om saam met die skrywer se voorlees- en liedjieopnames gebruik te word. ’n QR kode word in die boek ingesluit wat lesers gratis toegang bied tot die\u003cbr\u003eskrywer se voorlees- en liedjieopnames. Kleuters kan na die voorgeleesde voorlees- en liedjieopnames luister terwyl hulle na die illustrasies kyk. Jy kan óf die kleuter aan die Bybelverhale bekend stel deur dit voor te lees terwyl hy of sy na die illustrasie kyk, óf deur saam na die storie op die opname te luister.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eTerwyl elke Bybelverhaal met groot sorg getrou aan die Skrif oorvertel word, is die taalvlak en -vermoë en die ontwikkeling van ’n gesonde Godbegrip by die kleuter in ag geneem by die skep van hierdie publikasie. Deurgaans word Bybelse waardes deur die teks en illustrasies beklemtoon. Gebruik die illustrasies om gesprekke met jou kleuter te stimuleer.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eNa die Bybelverhaal is daar ’n gebed wat jy saam met jou kleuter kan bid. Kyk ook uit vir die dierevriende wat die Bybelverhaal-reis saam met die kleuter af lê. Die diere help die kleuter om te onthou wat die hoofboodskap of -waarde van die verhaal is.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39475421479008,"sku":"9780799398144","price":340.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9780799398144_front.jpg?v=1783908517"},{"product_id":"bybelstorie-aktiwiteite-sagteband","title":"Bybelstorie-Aktiwiteite (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie \u003cb\u003e\u003ci\u003eBybelstorie-aktiwiteitsboek\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is die ideale manier om ’n liefde vir God se Woord by 5- tot 8-jariges te kweek. 52 bekende Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament, soos Noag se ark, Josef se spesiale kleed, Dawid en Goliat, en Jesus se geboorte, wonderwerke, dood en opstanding, word op ’n maklik verstaanbare manier oorvertel. Elke storie sluit af met twee aktiwiteite soos soek die verskille, soek die woorde, kleur in volgens nommers en voltooi die prentjie.\u003cbr\u003eBehalwe ’n liefde vir die Woord sal die \u003cb\u003e\u003ci\u003eBybelstorie-aktiwiteitsboek\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e ook 5- tot 8-jariges se syfervaardigheid, probleemoplossingsvaardighede, geheue en leesvaardigheid verbeter.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39495555842144,"sku":"9781431623105","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431623105_front.jpg?v=1784160476"},{"product_id":"n-bybeldagboek-vir-seuns-sagteband","title":"'N Bybeldagboek Vir Seuns (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e’n Wonderlike dagboek wat ’n stewige grondslag sal lê vir seuns se geloofsgroei.\u003cbr\u003eDie 365 dagstukkies in \u003cb\u003e\u003ci\u003e’n Bybeldagboek vir seuns \u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003eis gebaseer op van die bekendste Skrifgedeeltes en beloftes in die Bybel. Jong seuns sal elke dag van die jaar bemoedig, uitgedaag en geïnspireer word. Enkele temas wat in hierdie dagboek voorkom, is God, Jesus, die hemel, liefde, wonderwerke, wysheid en vele meer.\u003cbr\u003eElke oordenking is gerig op die daaglikse leefwêreld van seuns en bied woorde van troos, vrede en hoop.\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eVir 8- tot 12-jariges\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39495557218400,"sku":"9781431626472","price":149.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431626472_front.jpg?v=1784081447"},{"product_id":"n-bybeldagboek-vir-meisies-sagteband","title":"'N Bybeldagboek Vir Meisies (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e’n Wonderlike dagboek wat ’n stewige grondslag sal lê vir meisies se geloofsgroei.\u003cbr\u003eDie 365 dagstukkies in \u003cb\u003e\u003ci\u003e’n Bybeldagboek vir meisies\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is gebaseer op van die bekendste Skrifgedeeltes en beloftes in die Bybel. Jong meisies sal elke dag van die jaar bemoedig, uitgedaag en geïnspireer word. Enkele temas wat in hierdie dagboek voorkom, is God, Jesus, die hemel, liefde, wonderwerke, wysheid en vele meer.\u003cbr\u003eElke oordenking is gerig op die daaglikse leefwêreld van meisies en bied woorde van troos, vrede en hoop.\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eVir 8- tot 12-jariges\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39495557251168,"sku":"9781431626489","price":149.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431626489_front.jpg?v=1783994998"},{"product_id":"mini-oordenkings-vir-kinders-sagteband","title":"Mini-Oordenkings Vir Kinders (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eIn ’n wêreld vol boelies en vergelyking op sosiale media, is dit vandag baie belangrik dat kinders besef hoe kosbaar hulle vir God is – net soos hulle is.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie 180 kort dagstukke in \u003ci\u003eMini-oordenkings vir kinders\u003c\/i\u003e is geskryf asof God self met die kind praat. Elke dagstuk bevat ’n kernvers, ’n bemoedigende boodskap van God en ’n gebed. Dit is die ideale grootte vir ’n rugsak of tas, sodat kinders enige tyd en enige plek kan stil word by God.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie persoonlike boodskappe van God in \u003ci\u003eMini-oordenkings vir kinders\u003c\/i\u003e sal laerskolers elke dag verseker dat God hulle liefhet en dat Hy omgee hoe hulle voel.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39510718054496,"sku":"9781431626533","price":59.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431626533_front_40d5f8ea-336d-4bdc-901d-73a19cb9dc36.jpg?v=1783994997"},{"product_id":"die-wonder-van-die-skepping-100-dagstukkies-oor-god-wetenskap-3-onbeskryflik-kindershardeband","title":"Die Wonder Van Die Skepping: 100 Dagstukkies Oor God \u0026 Wetenskap (3 Onbeskryflik Kinders)(Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eDie Wonder van die Skepping: 100 dagstukkies oor God en wetenskap\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is die derde boek in Louie Giglio se gewilde dagstukkie-reeks vir kinders oor God en die wetenskap. Soos met die vorige boeke in hierdie gewilde reeks, sal dit kinders aangryp en hulle wys God se ontwerpplan is regtig wonderlik. In hierdie dagstukkies nooi bekende pastor Louis Giglio kinders om te dink oor die dinge in ons alledaagse lewe. Temas wat gedek word sluit in: die Aarde, die buitenste ruim, die menslike liggaam en diere.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDie volkleur boek is vol prettige kleurillustrasies en foto’s wat die skoonheid vasvang van die wêreld waarin ons leef. Dit beloof om kinders se begrip van die heelal uit te brei, en hul geloof in ons Skepper-God te versterk. Elke dagstukkie bevat ’n wetenskaplike gedeelte met interessante feite en eksperimente wat die kinders self of saam met hul ouers kan doen, 'n \"Verwonder jou\" gedeelte, asook ’n gepaste Bybelvers en gebed.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003eVerkoopspunte:\u003c\/b\u003e\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003ePragtige, volkleur illustrasies en foto's\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eVorige boeke in hierdie reeks baie gewild in ons mark\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eGebruik die wetenskap om 'n Christelike boodskap oor te dra\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eMoet-weet-feite en lekker eksperimente maak dit interessant\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eBevat 'n toeganklike indeks vir die leergierige kind\u003c\/li\u003e \u003cli\u003e203 x 152 mm hardeband, volkleur, goeie kwaliteit\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39510718480480,"sku":"9781776343010","price":279.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781776343010_front.jpg?v=1784247024"},{"product_id":"goedheid-sagmoedigheid-selfbeheersing-3-vrugte-van-die-gees-reekshardeband","title":"Goedheid Sagmoedigheid Selfbeheersing (3 Vrugte Van Die Gees Reeks)(Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003ci\u003eVrugte van die Gees\u003c\/i\u003e: \u003cb\u003e\u003ci\u003eGoedheid, Sagmoedigheid en Selfbeheersing\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is die derde en finale boek in ’n splinternuwe reeks kinderboeke wat gebaseer is op die vrug van die Gees in Galasiërs 5:22–23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eHierdie reeks bestaan uit drie boeke wat elkeen drie spesifieke vrugte van die Gees weergee. Elke boek bevat ’n storie, Bybelstorie, Bybelles, gebed, Bybelvers en ’n praktiese uitdaging vir elke spesifieke vrug in die boek. Al die boeke is helder en kleurvol gedruk.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003ePikkie Pynappel en Saartjie Suurlemoen verskyn in al die stories saam met die bepaalde vrug wat in daardie storie voorkom. Hierdie vrug leer vir Pikkie en Saartjie ’n karakterles in verhouding tot die vrug van die Gees wat hulle voorstel.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDie \u003ci\u003eVrugte van die Gees\u003c\/i\u003e-reeks is geskryf om klein mensies te leer, te bemoedig en te inspireer oor God se karakter, sodat hulle kan uitstaan en hierdie karaktertrekke ontwikkel regdeur hul lewens. Dit help ook ouers om hul kinders Bybelse waarhede te leer.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003eVerkoopspunte:\u003c\/b\u003e\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eHelder en kleurvolle illustrasies\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eGeestelike waarhede word prettig oorvertel\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eInhoud moedig familiegesprekke, besprekings en Bybelse lering aan\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eVan waarde vir ouers en kinders\u003c\/li\u003e \u003cli\u003ePerfekte geskenk\u003c\/li\u003e \u003cli\u003e200 x 200 mm hardeband, volkleur, goeie kwaliteit\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39510718840928,"sku":"9781415342817","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781415342817_front.jpg?v=1783860895"},{"product_id":"my-jesus-storiebybel-sagteband","title":"My Jesus-Storiebybel (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eOp soek na ’n Kinderbybel wat anders is as die tradisionele? \u003cb\u003e\u003ci\u003eMy Jesus-Storiebybel\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is ’n unieke Bybel met sy eiesoortige illustrasies in helder en vars kleure. Saam met die begaafde Sally Lloyd-Jones se vertelling vorm dit die perfekte kombinasie om die groot storie van Jesus te vertel.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eMet die stories uit die Ou Testament en die Nuwe Testament maak die skrywer op ’n gemaklike en verstaanbare manier God se verlossingsplan vir kinders persoonlik. Daar is 21 stories uit die Ou Testament en 23 uit die Nuwe Testament en elkeen dui op Jesus: die Verlosser van God en die eintlike Groot Boodskap vir die mensdom.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eMy Jesus-Storiebybel\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is ’n uitstekende boek om kinders én ouers opnuut bewus te maak van die goue draad wat deur die hele Bybel loop: Jesus.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39536852926560,"sku":"9781431626786","price":219.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431626786_front.jpg?v=1784247024"},{"product_id":"wyse-woorde-vir-klein-hartjies-sagteband","title":"Wyse Woorde Vir Klein Hartjies (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eWil jy klein handjies besig hou terwyl hulle harte gevul word met die ewige wyshede van die Woord? \u003cb\u003e\u003ci\u003eWyse woorde vir klein hartjies\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e kombineer eeue oue waarhede uit Spreuke met prettige aktiwiteite spesiaal vir 5- tot 8-jariges.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eVeertien kerngedagtes uit Spreuke word gekombineer met opvoedkundige speletjies vir seuns en meisies. Aktiwiteite soos soek die pad, kleur die prentjie in en soek die verskille moedig kreatiwiteit aan, verbeter fyn motoriese vaardighede, ontwikkel probleemoplossingsvaardighede en verbeter konsentrasie.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eTerwyl kinders die aktiwiteite geniet, word die tydlose wysheid uit die Bybel speel-speel in hulle harte vasgelê.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39539496943712,"sku":"9781431624928","price":49.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431624928_front.jpg?v=1784254099"},{"product_id":"klein-beertjie-leer-van-paasfees-sagteband","title":"Klein Beertjie Leer Van Paasfees (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eKom leer jou kleinding van Paasfees met Klein Beertjie, wat graag Bybel lees en daarvan hou om van God te leer.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eIn \u003cb\u003e\u003ci\u003eKlein Beertjie leer van Paasfees\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e vertel Pappa en Mamma Beer vir Klein Beertjie van die opwindende verrassing daardie eerste Paasfees toe Jesus opgestaan het uit die dood.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eHierdie pragtige volkleur-boekie vertel kinders tussen 3 en 6 van Jesus se opstanding en die ware betekenis van Paasfees. Die vrae agter in die boekie wat aansluit by die tema sal kinders help om die waarheid hul eie te maak.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39546394640480,"sku":"9781431626588","price":35.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431626588_front.jpg?v=1784254097"},{"product_id":"klein-beertjie-leer-oor-liefde-sagteband","title":"Klein Beertjie Leer Oor Liefde (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eKom leer jou kleinding van liefde met Klein Beertjie, wat graag Bybel lees en daarvan hou om van God te leer.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn \u003cb\u003e\u003ci\u003eKlein Beertjie leer oor liefde\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e vertel Mamma Beer vir Klein Beertjie van al die maniere waarop ons liefde kan bewys aan ander deur vir hom die storie van Moses te vertel. Moses se ma was so lief vir hom dat sy hom in ’n mandjie tussen die riete van ’n rivier weggesteek het om hom veilig te hou.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie pragtige volkleur-boekie is ideaal om kinders tussen 3 en 6 te help om aan maniere te dink waarop hulle liefde aan ander kan bewys. Die vrae agter in die boekie wat aansluit by die tema sal kinders help om die waarheid hul eie te maak.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39546394706016,"sku":"9781431626595","price":35.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431626595_front_dea4d134-af78-4e7c-ae8c-dfbb733ca9d5.jpg?v=1784167737"},{"product_id":"die-aksie-bybel-helde-en-skurke-sagteband","title":"Die Aksie-Bybel Helde En Skurke (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eWat maak iemand ’n held? Of wat maak hom ’n skurk? Wanneer ons hulle stories lees, sien ons dikwels party mense is soms ’n held en soms ’n skurk.\u003cbr\u003eDie opwindende insigte en lewendige illustrasies in \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie Aksie-Bybel: Helde en skurke\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e help kinders tussen 8 en 12 jaar om meer as 75 Bybelkarakters ’n bietjie beter ken – die helde, maar ook die skurke. So sal hulle ook leer ons het elkeen so iets van albei in ons!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eLesers, oud en jonk, kan uitsien na die volgende:\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eKleurvolle, moderne illustrasies.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eDie grootste uitdagings (en foute!) van meer as 75 Bybelkarakters.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eHistoriese konteks, plekke van oorsprong, aanduidings oor waar historiese plekke vandag is, en waar die verhale in die Bybel is by elke karakter.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eAnder fassinerende inligting, wonderbaarlike gebeure en prettige feite oor kos, klere en tradisies.\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003cp\u003eDie verrassende verhale en ongelooflike waarhede in hierdie uitstekende boek gee lewe aan die Bybel en sy karakters.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39570764496992,"sku":"9781431626649","price":229.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431626649_front.jpg?v=1784254094"},{"product_id":"klein-beertjie-leer-om-te-deel-sagteband","title":"Klein Beertjie Leer Om Te Deel (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDit is nie vir klein kindertjies altyd maklik om te deel nie. Help jou kind verstaan dat dit goed is om te deel en dat dit selfs pret kan wees.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eIn \u003cb\u003e\u003ci\u003eKlein Beertjie leer om te deel\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e wil Klein Beertjie nie sy dennebol met Eddie Eekhoring deel nie. Dit is totdat Pappa Beer vir hom vertel van ’n seuntjie in die Bybel wat sy middagete van vyf broodjies en twee vissies met Jesus gedeel het. Jesus het dié kos toe gebruik om vir 5 000 mense kos te gee!\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eHierdie volkleurboek is ideaal om 3- tot 6-jariges te help verstaan hoe lekker dit is om te deel. Die eenvoudige vrae agter in die boek help kinders om dit wat hulle geleer het in hulle eie lewe toe te pas en help hulle om meer oor die Bybel te leer.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39597086703712,"sku":"9781431626625","price":35.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431626625_front.jpg?v=1784254107"},{"product_id":"klein-beertjie-vertrou-op-god-sagteband","title":"Klein Beertjie Vertrou Op God (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eKinders kry soms nagmerries en word bang vir die donker. Dan het hulle die versekering nodig dat hulle veilig is omdat God altyd by hulle is.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eKlein Beertjie vertrou op God\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e sal kleingoed help om hulle vrees in die nag te oorkom wanneer hulle leer van Josua en Kaleb, twee dapper spioene in die Bybel. Hulle het God vertrou om hulle veilig te hou – en Hy het.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDié pragtige volkleurboek is perfek vir 3- tot 6-jariges en leer hulle om te vertrou dat God altyd by hulle is. Daar is ook vrae oor die temas in die boek en voorstelle om meer daaroor in die Bybel te leer.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39597086736480,"sku":"9781431626632","price":35.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431626632_front.jpg?v=1784167754"},{"product_id":"daaglikse-wysheid-vir-dogters-sagteband","title":"Daaglikse Wysheid Vir Dogters (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDit is soms moeilik om God se wil te ken. \u003cb\u003e\u003ci\u003eDaaglikse wysheid vir dogters\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is dus ideaal vir dogters van 8 tot 12 om God se teenwoordigheid, leiding en liefde in hulle alledaagse lewe te ervaar. Die 365 dagstukke sal hulle help om nader aan hul Skepper te leef en in sy liefde te floreer. Saam met die Skrifgedeeltes en gebede sal hulle God leer ken en sy liefde, omgee en plan vir hulle beter verstaan. Dit is die ideale manier om dogters te leer hoe om elke dag ’n pad saam met God te stap.\u003cbr\u003eDie teks is ook beskikbaar vir seuns onder die titel \u003ci\u003eDaaglikse wysheid vir seuns\u003c\/i\u003e.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39620795957344,"sku":"9781431624966","price":149.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431624966_front.jpg?v=1784081464"},{"product_id":"my-eerste-beloftebybel-hardeband","title":"My Eerste Beloftebybel (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eGod se beloftes is kosbare geskenke wat kinders help om God te leer ken en ‘n lewenslange verhouding met Hom te vorm.\u003cbr\u003e \u003cb\u003e\u003ci\u003eMy Eerste Beloftebybel \u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003efokus op vyf van God se kernbeloftes.\u003cbr\u003eOm hierdie kernbeloftes toeganklik vir die kind te maak, word elkeen as ‘n pragtige geskenk geÏllustreer.\u003cbr\u003eAan die hand van die beloftes kan die klein kind God se liefde leer ken en ervaar. Elkeen van die 32 stories en gebede uit Ou en Nuwe Testament is spesiaal gekies om een van die kernbeloftes te beklemtoon.\u003cbr\u003eDie infografiek, kleurvolle illustrasies en boeiende stories bemagtig ouers en versorgers om met die klein kind oor God se beloftes te gesels.\u003cbr\u003e \u003cb\u003e\u003ci\u003eMy Eerste Beloftebybel\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e nooi families uit om die kernbeloftes oop te maak en God se grootste geskenk te ontdek – die vreugde en liefde van God in oorvloed!\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39620796022880,"sku":"9781928437604","price":125.01,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781928437604_front.jpg?v=1784203743"},{"product_id":"leef-gefokus-365-dae-vir-n-doelgerigte-lewe-sagteband","title":"Leef Gefokus: 365 Dae Vir 'n Doelgerigte Lewe (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eIs jy soms onseker oor jou toekoms en jy weet nie of jou drome ’n realiteit gaan word nie? En droom jy ooit oor die regte goed?\u003cbr\u003eMet \u003cb\u003e\u003ci\u003eLeef gefokus\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e wil Johan Smith jongmense wys hoeveel leiding hulle in die Bybel kan kry. Die 365 dagstukke van hierdie dagboek bevestig vir jongmense dat mense selfs in die Bybelse tyd met probleme geworstel het waarmee mense vandag nog worstel, dat hulle ook foute gemaak het of aan hulleself getwyfel het. Die dagboek versterk die boodskap dat alle mense goed genoeg is vir God ten spyte van al hul tekortkominge. Dit bevestig aan jongmense dat hulle altyd bereid moet wees om op te staan vir die Een in wie hulle glo.\u003cbr\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eLeef gefokus\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e sal lesers aanspoor om God se liefde aan ander te gaan verkondig, en hulle help om ’n uitgebreide “vriendekring” in die Bybel te ontdek.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39643216773216,"sku":"9780638008401","price":249.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9780638008401_front_9e37c97a-0122-4977-a068-d1d31b02d3d2.jpg?v=1784081458"},{"product_id":"die-sakpas-bybel-met-oordenkings-vir-meisies-sagteband","title":"Die Sakpas-Bybel Met Oordenkings Vir Meisies (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie reis na volwassenheid kom met baie vrae en stampe en stote. Gelukkig kan jongmense altyd vertrou dat die Here hulle deur sy Woord sal lei.\u003cbr\u003e \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie sakpas-Bybel met oordenkings vir meisies\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e sal tieners help om elke dag tyd te maak vir God met 366 kort stukkies vir elke dag van die jaar wat hulle oë gefokus sal hou op die Here. Die kort gedagtes oor onderwerpe spesifiek gemik op hulle behoeftes en lewe, van sekerheid van verlossing tot ’n rein lewe, sal hulle geloof versterk. Daar is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies waaroor hulle wonder.\u003cbr\u003e\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eVir 10- tot 15-jariges\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39657864265824,"sku":"9780638008449","price":189.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9780638008449_front.jpg?v=1783861079"},{"product_id":"die-sakpas-bybel-met-oordenkings-vir-jong-mans-sagteband","title":"Die Sakpas-Bybel Met Oordenkings Vir Jong Mans (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie reis na volwassenheid kom met baie vrae en stampe en stote. Gelukkig kan jongmense altyd vertrou dat die Here hulle deur sy Woord sal lei.\u003cbr\u003e \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie sakpas-Bybel met oordenkings vir jong mans\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e sal tieners help om elke dag tyd te maak vir God met 366 kort stukkies vir elke dag van die jaar wat hulle oë gefokus sal hou op die Here. Die kort gedagtes oor onderwerpe spesifiek gemik op hulle behoeftes en lewe, van sekerheid van verlossing tot ’n rein lewe, sal hulle geloof versterk. Daar is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies waaroor hulle wonder.\u003cbr\u003eVir 10- tot 15-jariges\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39657865314400,"sku":"9780638008432","price":189.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9780638008432_front.jpg?v=1784081458"},{"product_id":"ek-bid-vir-jou-hardeband","title":"Ek Bid Vir Jou (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eEk Bid vir Jou\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e deur Jean Fischer is een van die beste kinderboeke oor liefde en die gesin wat uitspel hoe ver 'n ma se liefde strek.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eHierdie plaaslike uitgawe van die pragtige storie volg 'n mammabeer se pad van voor haar kindjie se geboorte tot sy eerste dag op skool en hoe sy oor en vir haar kind bid.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eEk Bid vir Jou\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is vol pragtige, volkleur kunswerk deur Frank Endersby, met 'n gebed op elke dubbelblad.\u003cbr\u003eHierdie boek is ideaal vir voorlees deur ouers vir hul kinders voor slaaptyd, as 'n beginpunt vir 'boekevat' of stiltetyd.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003eVerkoopspunte:\u003c\/b\u003e\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eKindervriendelike formaat: 254 mm x 245 mm\u003c\/li\u003e \u003cli\u003e32 pp\u003c\/li\u003e \u003cli\u003ePragtige hardeband-omslag, met volkleur illustrasies\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eOpregte en eenvoudige gebede\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eFonttipe opgedateer, sodat dit ideaal is vir voorlees en vir kinders wat self begin lees\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":39661160235104,"sku":"9781991237095","price":119.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781991237095_front.jpg?v=1784167773"}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/collections\/BOEKE-KINDERS_1.webp?v=1681281372","url":"https:\/\/cumbooks.co.za\/collections\/kinders.oembed?page=6","provider":"CUM Books","version":"1.0","type":"link"}