PLEASE NOTE: FOR MORE INFORMATION & RESOURCES ABOUT COVID-19, PLEASE VISIT HTTPS://SACORONAVIRUS.CO.ZA

Staan Sterk / Waarvoor Wag Jy Dan (Combo)

Staan Sterk / Waarvoor Wag Jy Dan (Combo)
  • Load image into Gallery viewer, Staan Sterk / Waarvoor Wag Jy Dan (Combo)
  • Staan Sterk / Waarvoor Wag Jy Dan (Combo)

    CUM Books
    Angelique Du Toit
    Regular price
    R249.95
    Sale price
    R249.95
    Unit price
    per 

    This Item is out of stock

    PRODUCT CODE: 9781415339343

    Shipping within 3-5 working days

    Product Details

    Dra jy swaar aan die druk van jou daaglikse lewe, ry jy op ’n emosionele tuimeltrein, is jy fisiek uitgeput en sukkel jy met swak gesondheid? Is jy kort van draad, angstig, bang en voel jy pal skuldig omdat jy worstel om ál meer en meer vir jou werk – en ander mense – te gee, dikwels ten koste van jou gesinslewe. Voel jy of jy min hoop het vir die toekoms? Staan sterk in ’n wankelende wêreld is ’n praktiese boek vol onmiddellike inspirasie wat jou sal help om bo al jou omstandighede uit te styg en alles te word wat jy geskep is om te wees. Die insigte wat jy op hierdie blaaie vind, sal jou aanmoedig om jou lewe, jou besigheid en jou toekoms te verander. Die teks is gebore uit lewenservaring en is nie bloot teorie nie.

    Sou jy bereid wees om jou ou leefwyse te verander en om jouself die geleentheid te gee om jou beste lewe te leef vir die res van jou lewe? Verbeel jou ’n lewe vol van oorborrelende vreugde . . . vars hoop wat daagliks aan jou opgedien word – soos warm brood; vryheid van alewige vrees; vervullende verhoudings; om selfvertroue uit te straal en om te lewe met die verwagting van gestruktureerde sukses. Hierdie waarheid is vervat in Waarvoor wag jy dan? Die resultate hoef nie langer vasgevang te wees in jou gedagtes of op jou wenslysie nie. Die uitkomste kan in jou lewe ervaar word – prakties, konsekwent en kragtig en doeltreffend. Nou waarvoor wag jy dan? Dit is NOU jou tyd om op te staan!

    Specifications
    1. Category : Christelike Leefwyse
    2. SKU : 9781415339343
    3. Barcode : 9781415339343
    4. Size : 152 x 222 mm
    5. Long Author : Angelique Du Toit
    1. Number of Pages : 512 pp
    2. Language : Afrikaans
    3. Format : Combo
    4. Publisher : Struik Christian Media

    Recently Viewed