PLEASE NOTE: FOR MORE INFORMATION & RESOURCES ABOUT COVID-19, PLEASE VISIT HTTPS://SACORONAVIRUS.CO.ZA

Bloedbruide Van Christus (Sagteband)

Bloedbruide Van Christus (Sagteband)
  • Load image into Gallery viewer, Bloedbruide Van Christus (Sagteband)
  • Bloedbruide Van Christus (Sagteband)

    CUM Books
    Jaap DuRand
    Regular price
    R95.00
    Sale price
    R95.00
    Unit price
    per 

    This item is in stock

    PRODUCT CODE: 9781776160365

    Shipping within 3-5 working days

    Product Details

    Jaap Durand – wat bekend geword het vir sy lewenslange stryd teen onreg in alle vorme – het nógeens die gemarginaliseerdes raakgesien: vroue wat vir hulle geloof in Christus die hoogste prys betaal het. Weer is hy ’n stem vir die stemloses, ook vir hulle wat tussen die bladsye van geskiedenisboeke misgekyk of verswyg is en sodoende in vergetelheid verdwyn het. Dié publikasie van Jaap Durand, saam met Verena Schoeman, lewer ’n belangrike bydrae tot die gesprek oor die mishandeling van vroue deur magsisteme, dikwels in die naam van geloof.  Hierdie boek is ’n begin. Daar is nog veel meer te sê.  Die geskiedenis van hierdie “getroue getuies” is immers deel van die geskiedenis van die Christelike verhaal. En die bloed van die martelaars is die saad van die kerk (Tertullianus). Hieraan herinner Bloedbruide van Christus ons, in ’n ander eeu, in ’n wêreld wat anders geword het. Mag hierdie boek in die hart van elke leser vrug dra en elkeen inspireer om moed te hou.

    Specifications
    1. Category : Christelike Leefwyse
    2. SKU : 9781776160365
    3. Barcode : 9781776160365
    4. Long Author : Jaap DuRand
    1. Number of Pages : 78 pp
    2. Language : Afrikaans
    3. Format : Paperback
    4. Publisher : Bybel-Media Handel

    Recently Viewed