{"title":"Afrikaanse Boeke","description":"","products":[{"product_id":"die-aksie-bybel-raai-raai-speletjie-vir-die-hele-gesin-boksstel","title":"Die Aksie-Bybel Raai-Raai-Speletjie Vir Die Hele Gesin (Boksstel)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eAs kinders van \u003ci\u003eDie Aksie-Bybel \u003c\/i\u003egehou het, sal hulle mal wees oor \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie Aksie-Bybel: Raai-raai-speletjie\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e. Dit was nog nooit so lekker of maklik om die Bybel te leer ken nie.\u003cbr\u003eHierdie prettige speletjie bied:\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003e99 kaartjies met 20 leidrade elk oor ŉ persoon, plek of voorwerp in die Bybel, asook Skrifverwysings om verdere Bybellees aan te moedig\u003c\/li\u003e \u003cli\u003e’n Vinnige verwysing na waar die storie in \u003ci\u003eDie Aksie-Bybel\u003c\/i\u003e gevind kan word\u003c\/li\u003e \u003cli\u003e’n Instruksiekaartjie met aanwysings vir 3 maniere waarop die speletjie gespeel kan word\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003cp\u003eDie kaartjies is geïllustreer deur Sergio Cariello, wat \u003ci\u003eDie Aksie-Bybel \u003c\/i\u003egeïllustreer het. Hierdie speletjie is ideaal om in die kar te speel op die langpad of sommer vir ’n speletjiesaand by die huis. Dit sal kinders se kennis van die Bybel op ’n prettige en interaktiewe manier verbreed.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32154702250080,"sku":"9781431618507","price":149.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431618507_front_5ebb2714-8c9f-455f-9d28-9b7a13b73a3a.jpg?v=1784167632"},{"product_id":"die-aksie-bybel-hardeband","title":"Die Aksie-Bybel (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eKom deel in die opwinding van die wêreld se wonderlikste storie ooit. \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie Aksie-Bybel\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bied meer as 200 kort, aksiebelaaide Bybelstories in chronologiese volgorde. Dit verseker dat lesers die historiese vloei van die Bybel beter verstaan, en dra ook by tot ’n kragtiger opbou na die opwindende hoogtepunt.\u003cbr\u003eDie aangrypende Ou- en Nuwe-Testamentiese stories in \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie Aksie-Bybel\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e kommunikeer Bybelse waarhede duidelik en kragtig aan hedendaagse lesers. Die gemaklike skryfstyl en dramatiese illustrasies sal aanklank vind by kinders en almal wat jonk van gees is. Skrifverwysings kom aan die begin van elke storie voor om verdere Bybellees aan te moedig, en ŉ volledige Skrifindeks kom agter in die Bybel voor.\u003cbr\u003eInternasionaal erkende kunstenaar Sergio Cariello se aangrypende, kleurryke illustrasies word gekenmerk deur dramatiese skakerings, sterk en energieke ontwerpe en emosioneel gelaaide figure.\u003cbr\u003eHierdie is die verhaal van God se verlossing – in aksie!\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32154712178784,"sku":"9781431615995","price":289.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431615995_front.jpg?v=1784340537"},{"product_id":"die-geillustreerde-bybelhandboek-hardeband","title":"Die Geïllustreerde Bybelhandboek (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie wêreld van die Bybel lyk dikwels vir moderne lesers vaag en vreemd. \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie geïllustreerde Bybelhandboek\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bied aan lesers ’n volledige prentjie van die leefwêreld van die Bybel. Dit gee nie net feite nie, maar ontsluit ’n lewendige wêreld vol konteks, geskiedenis en interessanthede.\u003cbr\u003eEen manier om die Bybel te ontdek is om die antieke wêreld te bestudeer – sy kulture, gebruike en geskiedenis. \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie geïllustreerde Bybelhandboek\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is ’n waardevolle gids wat lesers sal help om die Bybel en die wêreld waarin dit geskryf is beter te verstaan.\u003cbr\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eDie geïllustreerde Bybelhandboek\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bied die nuutste Bybelnavorsing in ’n formaat wat maklik leesbaar en verstaanbaar is. Die Bybel word boek vir boek ontsluit met honderde volkleur-illustrasies, kaarte en foto’s. Daar is meer as 100 indiepte-artikels oor ’n verskeidenheid Bybelse onderwerpe. Lesers sal ontdek hoe elke deel van die Bybel by die res van die Bybel inpas en dit toelig.\u003cbr\u003eGeen naslaan-rak sal volledig wees sonder hierdie handboek vir die Bybel nie.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32154714603616,"sku":"9781431604982","price":699.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431604982_front.jpg?v=1784340538"},{"product_id":"evangelieliedere-hardeband","title":"Evangelieliedere (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eHierdie bundel is gevul met paslike liedere vir elke omstandigheid en geleentheid. Dit bevat Afrikaanse en Engelse liedere en probeer Engels- en Afrikaanssprekende gelowiges op geestelike gebied nader aan mekaar bring. Die liedere hierin sal enige byeenkoms ophelder en almal wat saamsing en luister tot seën wees.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32154717945952,"sku":"1770000828","price":129.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781770000827_front.jpg?v=1784333387"},{"product_id":"die-doelgerigte-lewe-sagteband","title":"Die Doelgerigte Lewe (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie mees basiese vraag waarvoor elkeen in die lewe te staan kom, is: Hoekom is ek hier? Wat is my doel? Volgens Rick Warren lê die antwoord by God en sy ewige doel met elke mens se lewe. Ware betekenis en belang kom van insig in en vervulling van die doel waarvoor God ons op die aarde geplaas het.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDie doelgerigte lewe stel lesers in staat om te begryp waaroor die lewe eintlik gaan, en om die lewe te begin leef waarvoor God hulle geskep het.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDeur die gebruik van Bybelse verhale en deur die Bybel self te laat praat, verduidelik Warren God se vyf doelwitte vir ons elkeen:\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eOns is beplan vir God se behae: Jou eerste doel is om Hom opreg te aanbid\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eOns is gevorm vir God se familie: Jou tweede doel is om opregte sielsgemeenskap te ervaar\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eOns is geskep om soos Christus te word: Jou derde doel is om opregte dissipelskap te leer\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eOns is gevorm om God te dien: Jou vierde doel is om opregte bediening te beoefen\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eOns is gemaak vir ’n sending: Jou vyfde doel is om opregte Evangelieprediking uit te leef\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003cp\u003eHierdie hersiene en uitgebreide weergawe beklemtoon die vraag: Wat op aarde doen ek hier? Dit is ook die lewensboodskap van Rick Warren, stigterspastor van Saddleback Church. Die boek is in ’n boeiende styl geskryf en in 42 kort hoofstukke (ses weke) ingedeel wat as dagstukkies gelees kan word, deur kleingroepe bestudeer en deur kerke gebruik kan word.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32155719204960,"sku":"9781415333488","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781415333488_front.jpg?v=1784340583"},{"product_id":"onbeskryflik-hardeband","title":"Onbeskryflik (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e \u003cb\u003e\u003ci\u003eOnbeskryflik\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e: 100 dagstukkies oor God en wetenskap sal leergierige kinders aangryp en hulle wys God se ontwerpplan is regtig wonderlik. In hierdie dagstukkies nooi bekende pastor Louie Giglio kinders om te dink oor die dinge in ons alledaagse lewe. Temas wat gedek word sluit in: die Aarde, die buitenste ruim, die menslike liggaam, diere en die weer. Die boekie is vol prettige kleurillustrasies asook foto’s wat die skoonheid vasvang van die wêreld waarin ons leef. Dit beloof om kinders se begrip van die heelal uit te daag, maar steeds hul geloof in ons Skepper-God te versterk. Elke dagstukkie bevat ’n wetenskaplike gedeelte met interessante feite en eksperimente wat die kinders self of saam met hul ouers kan doen, asook ’n gepaste Bybelvers en gebed. \u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32155723038816,"sku":"9781415336069","price":279.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781415336069_front_c7281835-8cc4-49e6-bc9d-758e624f774f.jpg?v=1784340583"},{"product_id":"leef-een-dag-op-n-keer-hardeband","title":"Leef Een Dag Op 'n Keer (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eOns lewe is gejaagd. Ons omstandighede – goed en sleg – stoot ons hiernatoe en daarnatoe. Ons voel asof gebeurtenisse buite ons beheer ons lewe bepaal. Ons smag na vrede, na ’n plek waar veiligheid en rus is. As antwoord op hierdie soeke na vrede herinner die geliefde predikant en skrywer Trevor Hudson lesers aan die beproefde wysheid in die alombekende Gebed om kalmte: God, skenk my die gemoedskalmte, om die dinge te aanvaar wat ek nie kan verander nie, die moed om die dinge te verander wat ek kan, en die wysheid om te weet wat die verskil is.\u003cbr\u003eHierdie 365 oordenkings verken elke aspek van hierdie gebed en hoe jy dit daagliks op jou lewe kan toepas. Namate jy die Gebed om kalmte gebruik as gids om elke dag in vriendskap met jou Here en Skepper te lewe, sal God se geskenk van vrede jou lewe vul en deur jou vloei waar jy jou ook al bevind. Elke oordenking word afgesluit met ’n praktiese voorstel hoe jy hierdie gebed elke dag kan uitleef. Só sal jou lewe ál meer op God gefokus word, en sal jy die innerlike vrede ervaar waarna jou hart smag.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32155743944800,"sku":"9781415340752","price":250.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781415340752_front.jpg?v=1784340587"},{"product_id":"eerste-bybel-vir-kleingoed-kartonboekie","title":"Eerste Bybel Vir Kleingoed (Kartonboekie)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eEerste Bybel vir kleingoed\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bevat van die bekendste Bybelverhale, pragtig geillustreer, wat God bladsy vir bladsy aan kleingoed bekend sal stel. Dit sal kleingoed help om die eerste treë in hul geloof te neem en om die God te leer ken wat hulle liefhet! Kleingoed sal dit geniet om na die mense en diere in die kleurvolle kunswerk op elke bladsy te kyk, wat dit die perfekte keuse maak as jou baba se eerste Bybel!\u003cbr\u003e• Vir 0- tot 3-jariges\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32155764555872,"sku":"9781415340554","price":229.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781415340554_front.jpg?v=1784340586"},{"product_id":"god-is-liefde-bybel-kartonboekie","title":"God Is Liefde Bybel (Kartonboekie)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie 18 Bybelstories in hierdie boek vertel van die wonderlike feit van God se liefde en gee elke kind die kans om te leer dat hulle in God se oë uiters kosbaar is. Elke Bybelstorie verwys na ’n bekende Bybelvers wat spesifiek gekies is om die waarheid in elke storie uit te lig. Eenvoudige teks en pragtige illustrasies maak \u003ci\u003eGod is liefde Bybel\u003c\/i\u003e die ideale boekie vir kleingoed. Saam met die pragtige illustrasies, sal hierdie stories aan kinders ’n beter begrip van die boodskap van die Bybel gee, sodat hulle met sekerheid kan sê \"God is lief vir my\" en ook verstaan hoekom!\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eVir 0- tot 3-jariges\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32155765571680,"sku":"9781415340653","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781415340653_front_2cfdd0f3-696a-4876-a400-5c7d5b382368.jpg?v=1784340586"},{"product_id":"my-eie-bybel-hardeband","title":"My Eie Bybel (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eMy eie Bybel\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is die perfekte geskenk. Hierdie Kinderbybel bevat 'n versameling van al die klassieke, gewildste Bybelstories, waaronder al die immergroen gunstelinge wat by almal byval vind. Die stories word op ’n eenvoudige manier deur Bethan James aangebied sodat die kleinspan dit sal kan verstaan.\u003cbr\u003eAl die stories is kleurvol geïllustreer deur die ervare kinderboek-illustreerder, Estelle Corke.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32155768750176,"sku":"9781415330081","price":85.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781415330081_front.jpg?v=1784340589"},{"product_id":"gebede-vir-my-seuntjie-sponsgevulde-hardeband","title":"Gebede Vir My Seuntjie (Sponsgevulde Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eGebede vir my seuntjie\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bied 40 kosbare gebede wat ouers oor hulle kleinding kan bid.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eDie gebede en beloftes uit die Skrif sal ouers lei wanneer hulle hul baba se lewe in die liefdevolle hande van die Here wil oorgee. Dit sal ouers lei om spesifiek en met verwagting te bid vir God se sorg, beskerming en seën in hulle kleinding se lewe.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32155895562336,"sku":"9781431623150","price":129.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431623150_front.jpg?v=1784340593"},{"product_id":"gebede-om-jou-hart-te-seen-sagteband","title":"Gebede Om Jou Hart Te Seën (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eGebede om jou hart te seën\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is propvol inspirasie vir elke gelowige wat in gebed tot God wil nader, maar sukkel om die regte woorde te vind. Dit bevat gebede uit die Woord, asook klassieke gebede van skrywers soos Dietrich Bonhoeffer, Amy Carmichael, St. Augustinus en Ruth Bell Graham. Van die temas wat aangeroer word, is lofprysing, danksegging, tye van swaarkry en geestelike groei.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32155968962656,"sku":"9781431622696","price":49.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431622696_front.jpg?v=1784167683"},{"product_id":"spreuke-vir-jou-daaglikse-wandel-sagteband","title":"Spreuke Vir Jou Daaglikse Wandel (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eSpreuke vir jou daaglikse wandel\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bied praktiese wysheid vir elke gelowige oor ’n verskeidenheid lewensaspekte. Die versameling bemoedigende teksverse uit Spreuke is tematies gerangskik en bied leiding en insig oor sake soos jou verhoudings, beroepslewe, finansies en ander aspek van die lewe.\u003cbr\u003e \u003cb\u003e\u003ci\u003eSpreuke vir jou daaglikse wandel\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e sal gelowiges met hoop vul en hulle aanmoedig om die lewe te leef wat God vir hulle beplan het.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32155968995424,"sku":"9781431624195","price":49.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431624195_front.jpg?v=1784167685"},{"product_id":"psalms-vir-n-vreugdevolle-lewe-sagteband","title":"Psalms Vir 'N Vreugdevolle Lewe (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003ePsalms vir ’n vreugdevolle lewe\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is ’n versameling inspirerende aanhalings uit die psalms wat volgens temas ingedeel is. Temas soos lof en aanbidding, rykdom en vertroue op God bring elke leser nader aan God. \u003cb\u003e\u003ci\u003ePsalms vir ’n vreugdevolle lewe\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bevestig opnuut hoeveel troos en bemoediging die Skrif bied vir elke gelowige wat tot God nader.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32155969028192,"sku":"9781431624201","price":49.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431624201_front.jpg?v=1784167686"},{"product_id":"beloftes-vir-elke-dag-sagteband","title":"Beloftes Vir Elke Dag (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eOf jy vandag leiding nodig het, God wil loof vir sy seëninge, of God se aangesig soek omdat jy mislukking of versoeking ervaar, \u003cb\u003e\u003ci\u003eBeloftes vir elke dag\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e het die inspirasie wat jy nodig het om jou in God se teenwoordigheid te bring. Temas soos beskerming, genade, krag, redding en liefde vir God, en aanhalings deur mense soos Billy Graham en Charles Spurgeon belig God se beloftes aan gelowiges. Dit lei elke leser om te weet dat God elke oomblik by ons elkeen is.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32155969093728,"sku":"9781431622702","price":49.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431622702_front.jpg?v=1783860210"},{"product_id":"n-lewe-naby-god-grootdruk-sponsgevulde-hardeband","title":"‘N Lewe Naby God Grootdruk (Sponsgevulde Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eGod se teenwoordigheid is iets wat jy doelbewus moet soek, maar te midde van ’n besige program en krisisse verloor ons so maklik perspektief.\u003cbr\u003eGeliefde skrywer Nina Smit wil vroue met 366 oordenkings in \u003cb\u003e\u003ci\u003e’n Lewe naby God\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e deur praktiese riglyne help om nader aan God te kom sodat sy Teenwoordigheid vir hulle ’n werklikheid kan word. Belangrike temas wat uitstaan, is onder andere:\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003egefokusde tyd met die Woord\u003c\/li\u003e \u003cli\u003egebed as anker van jou geloofslewe\u003c\/li\u003e \u003cli\u003ebetroubaarheid van God se beloftes\u003c\/li\u003e \u003cli\u003edankbaarheid as uitvloeisel van geloof\u003c\/li\u003e \u003cli\u003ehantering van seer en mislukking in jou verlede\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32155969454176,"sku":"9781431623228","price":279.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431623228_front.jpg?v=1784340599"},{"product_id":"wees-n-seun-na-god-se-hart-sagteband","title":"Wees 'N Seun Na God Se Hart (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eVertrek op ’n wonderlike avontuur saam met God!\u003cbr\u003eDie 140 kort oordenkings in \u003cb\u003e\u003ci\u003eWees ’n seun na God se hart\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e sal jong seuns help ontdek dat God hulle liefhet en ’n wonderlike lewe vir hulle beplan. Hulle sal alles leer wat hulle nodig het om die lewe te hanteer, soos die keuse van vriende, besluite, ’n gesonde gebedslewe en geloofsgroei. Jong seuns sal deur hierdie oordenkings ervaar hoe lief God hulle het en meer leer van sy sorg vir hulle. Dit is die ideale bousteen vir ’n lewenslange verhouding met ’n liefdevolle Vader.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32155971813472,"sku":"9781431624348","price":139.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431624348_front.jpg?v=1784340597"},{"product_id":"begin-die-reis-sagteband","title":"Begin Die Reis (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eOm Jesus te volg – en Hom met ander te deel – is die belangrikste lewensbesluit wat iemand ooit kan neem.\u003cbr\u003eIn \u003cb\u003e\u003ci\u003eBegin die reis\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e sal lesers weer bewus word van God se perfekte plan vir verlossing deur Jesus Christus. Op ŉ eenvoudige manier verduidelik Angus Buchan die probleem van sonde en God se plan om ons verhouding met Hom te herstel.\u003cbr\u003eAngus bespreek wat ’n mens moet doen nadat jy jou redding aanvaar het. Dié boek is ’n ideale evangelisasie-hulpmiddel en fokus veral op:\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eRedding: wat dit beteken om Jesus Christus as persoonlike Here en Redder te ken.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eGroei in God: hoe om te groei in jou wandel met God.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eDie groot opdrag: hoe om die Goeie Nuus met ander te deel.\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003cp\u003eIngesluit is verse uit die Bybel oor verlossing en die Christelike leefwyse wat lesers kan memoriseer om hulle te versterk. Daar is ook ’n lys Skrifverwysings oor waar om belangrike gedeeltes in die Bybel te kry.\u003cbr\u003eAs ’n gelowige is dit belangrik om hierdie lewensveranderende nuus met ander te deel en \u003cb\u003e\u003ci\u003eBegin die reis\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e sal elke gelowige help om dié roeping uit te leef.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32173969604704,"sku":"9781431610174","price":30.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431610174_front_ca86ca97-d67c-40f1-9df9-03d221b6c40a.jpg?v=1784254026"},{"product_id":"mini-oordenkings-vir-vroue-sagteband","title":"Mini Oordenkings Vir Vroue (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eMini-oordenkings vir vroue \u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003eis ’n geskenk van hoop en vreugde wat vroue herinner dat God altyd naby hulle is. Die 180 kort en inspirerende oordenkings sal elke vrou aanmoedig om God se belofte van onfeilbare liefde te koester.\u003cbr\u003eDie handige sakpas-formaat laat vroue toe om enige tyd en enige plek stil te word en tyd saam met Hom deur te bring.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32173971734624,"sku":"9781431623396","price":50.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431623396_front.jpg?v=1784340549"},{"product_id":"die-goeie-boek-sagteband","title":"Die Goeie Boek (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eIs daar ŉ boek wat vir ons kan sê wat om oor God te glo? Die voor die hand liggende antwoord is die Bybel. Maar waar begin ons die Bybel lees om werklik te verstaan?\u003cbr\u003eIn \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie Goeie Boek\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bespreek Deron Spoo sleutel-Bybelhoofstukke wat hy as kardinaal beskou vir ons verstaan van die Bybel en van God. Hy help lesers om die konteks en inhoud van 20 Ou-Testamentiese en 20 Nuwe-Testamentiese hoofstukke te verstaan wat die hele Bybel vir ons sal oopbreek. Elke hoofstuk onthul een lewensveranderende waarheid van God en sluit af met ŉ “om te oordink”-gedeelte wat jou sal help om daardie waarheid prakties in jou lewe toe te pas. Die Bybelteks van die hoofstuk wat bespreek word, word ook telkens ingesluit (NLV-teks).\u003cbr\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eDie Goeie Boek\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e sal aanklank vind by jare lange Bybellesers, maar is ideaal vir mense wat aan die begin van hulle Christelike geloofsreis staan. Dit sal lesers help om die lewensveranderende waarhede in die Bybel te verstaan en te leef.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32173974323296,"sku":"9781431617456","price":149.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431617456_front.jpg?v=1784081365"},{"product_id":"my-eie-doop-bybeltjie-hardeband","title":"My Eie Doop-Bybeltjie (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e’n Pragtige geskenk om enige kleinding se doop te vier.\u003cbr\u003e \u003cb\u003e\u003ci\u003eMy eie doop-Bybeltjie\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is ’n pragtige volkleur-boekie met 60 klassieke Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament, asook gebede. Plek vir ’n familiestamboom en besonderhede oor mylpale wat ’n kleinding in die eerste lewensjaar bereik, maak dit ’n ekstra spesiale geskenk.\u003cbr\u003e \u003cb\u003e\u003ci\u003eMy eie doop-Bybeltjie\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e sal gekoester word as aandenking en ook as die kleinding se eerste Bybel.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32173977010272,"sku":"9781431623075","price":159.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431623075_front_f3ef33fc-639f-4501-84e4-b4b69e65dd9d.jpg?v=1784167636"},{"product_id":"openbaring-ontsluit-sagteband","title":"Openbaring Ontsluit (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eHoeveel mense het al Openbaring gelees en álles verstaan? Tog sê Riekert Botha Openbaring kán verstaan word. Die sleutel lê in een spesifieke vraag: \"Wat het Openbaring beteken vir die eerste mense aan wie dit geskryf was?\"\u003cbr\u003eRiekert kyk in \u003cb\u003e\u003ci\u003eOpenbaring ontsluit\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e na die volgende aspekte wat vorm gee aan hierdie Bybelboek:\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eWie was die oorspronklike ontvangers van die boodskap?\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eWat was die omstandighede waarin hulle geleef het?\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eWatter spesiale behoeftes of sake het moontlik aanleiding gegee tot die skrywe van die boek?\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eWat was God se boodskap aan daardie mense in daardie tydvak en spesiale omstandighede?\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003cp\u003eRiekert bespreek dan die boodskap aan die sewe gemeentes en die sewe visioene in Openbaring teen hierdie agtergrond.\u003cbr\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eOpenbaring ontsluit\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bied ’n verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel. Dit is ideaal vir elkeen wat ’n verstaanbare uitleg van Openbaring wil hê.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32173979107424,"sku":"9781431607235","price":179.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431607235_front.jpg?v=1784340550"},{"product_id":"mini-oordenkings-vir-elke-oomblik-sagteband","title":"Mini Oordenkings Genade Vir Elke Oomblik (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie 180 kort maar kragtige oordenkings in \u003cb\u003e\u003ci\u003eMini-oordenkings: Genade vir elke oomblik\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e verseker lesers opnuut van God se genade en moedig gelowiges aan om ’n Christus-gesentreerde lewe te leef. Temas wat ter sprake kom, is God se getrouheid, liefde, krag en beloftes.\u003cbr\u003eDie handige sakpas-formaat maak dit ideaal vir daaglikse stiltetyd in God se teenwoordigheid waar jy ook al is.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32173979598944,"sku":"9781431623419","price":50.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431623419_front.jpg?v=1784340536"},{"product_id":"kragtige-gebed-deur-god-se-woord-gebedeboek-sagteband","title":"Kragtige Gebed Deur God Se Woord Gebedeboek (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eStormie Omartian se boeke het al baie mense se lewens aangeraak en hulle gehelp om die krag van gebed te ervaar. Die hartroerende en kragtige gebede in \u003cb\u003e\u003ci\u003eKragtige gebed deur God se Woord – Gebedeboek\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is saamgestel uit haar boek Kragtige gebed deur God se Woord.\u003cbr\u003eLesers sal deur hierdie boek God se stem en leiding ervaar van Genesis deur die Ou Testament tot by Jesus se lewe saam met die dissipels in die Nuwe Testament. Elke gebed van Stormie bring vir die lesers beskerming, persoonlike leiding en krag uit die Skrif en gee vir hulle bemoediging om elke dag vir God te leef. Hierdie handige boekie in sakpas-formaat is ideaal om mee te reis, in ’n handsak of tas te sit of om langs die bed te hou om soggens en saans daaruit te lees.\u003cbr\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eKragtige gebed deur God se Woord – Gebedeboek\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is ’n wonderlike geskenk vir elke gelowige.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32173980811360,"sku":"9781770008045","price":39.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781770008045_front.jpg?v=1784254031"},{"product_id":"word-n-volgeling-van-jesus-sagteband","title":"Word 'N Volgeling Van Jesus (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eWord ’n volgeling van Jesus\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is ’n handige evangelisasie-boekie wat help om die Goeie Nuus oor Jesus aan kinders oor die hele wêreld te verkondig.\u003cbr\u003eHierdie boekie deur topverkoper-outeur Dave Strehler is ’n wonderlike hulpmiddel om iemand na Jesus te lei. Jong gelowiges sal ook ontdek hoe hulle geloof kan groei, hoe om die Bybel te lees en te bid.\u003cbr\u003eAnder spesiale kenmerke sluit in:\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003ePlek waar hulle kan aanteken wanneer hulle hul lewe vir Jesus gegee het\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eAanwysings hoe om hulle eie verlossingsarmband te maak\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32173990248544,"sku":"9781431621477","price":20.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431621477_front.jpg?v=1784167640"},{"product_id":"die-begenadigdes-sagteband","title":"Die Begenadigdes (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie vroue in Jesus se geslagsregister was dapper, het risiko’s geneem en die onverwagte gedoen. Hulle was nie perfek nie, en tog het God hulle in sy wonderlike plan gebruik om die Verlosser van die wêreld voort te bring.\u003cbr\u003eOns leef in moeilike tye en soek antwoorde op miljoene vrae. Die lesse wat ons by hierdie vroue kan leer, is vandag net so toepaslik as in die tyd toe hulle geleef het.\u003cbr\u003eDie verhale van die vyf vroue in die geslagsregister van Jesus is nou in een boek beskikbaar. Tamar was ’n vrou van hoop. Ragab een van geloof. Rut was die vrou van liefde en Batseba het ongeëwenaarde genade ontvang. En dan is daar Maria, die vrou van gehoorsaamheid. Met die lees van hulle verhale sal jy beter begrip kry vir God se plan met die wêreld en tot die besef kom dat hierdie plan ook vir jóú insluit.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32173991198816,"sku":"1868299627","price":249.94,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781868299621_front.jpg?v=1784254031"},{"product_id":"max-lucado-kinderboek-omnibus-sagteband","title":"Max Lucado Kinderboek-Omnibus (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eHierdie omnibus bestaan uit drie boekies van die immergewilde Pinkenolsie. Dit bring ’n boodskap dat elke mens vir God spesiaal is omdat Hy elkeen uniek gemaak het. Dis ’n wonderlike geskenk wat kinders sal koester selfs wanneer hulle al groot is.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eJy is spesiaal\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e\u003cbr\u003eDie Wemmels doen elke dag dieselfde ding: hulle plak óf goue sterre óf grys kolle op mekaar. Dié wat mooi en talentvol is, kry altyd goue sterre. Dié wat egter min kan doen of stukkende hout het, kry lelike kolle. Kinders sal mal wees daaroor om te sien hoe Eli vir Pinkenolsie oortuig dat hy baie spesiaal is, net soos hy is! So sal hulle besef dat hulle self ook kosbaar is vir God.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eJy is myne\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e\u003cbr\u003eDie behoefte om “belangrik” te wees veroorsaak al weer chaos in Wemmeldorp. Pinkenolsie is natuurlik weer in die middel daarvan. Volg sy avontuur terwyl hy ’n les leer wat kinders altyd moet onthou: dis nie wat jy het wat jou kosbaar maak nie, maar die feit dat jy aan God behoort.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eDie heel beste\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e\u003cbr\u003eWanneer Alta Wonderlik in Wemmeldorp aankom, wil almal deel van haar klub wees. Pinkenolsie mag nie deel wees nie, want hy is van die verkeerde hout gemaak. Eli die houtsnyer wys vir Pinkenolsie dat hy baie spesiaal is omdat Eli hom gemaak het. Kinders sal besef hulle hoef nie soos iemand gewild te wees om spesiaal te wees nie. God het elkeen van ons met ’n doel gemaak soos ons is.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32173999226976,"sku":"9781431614028","price":155.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431614028_front.jpg?v=1784340535"},{"product_id":"die-wapenrusting-van-god-sagteband","title":"Die Wapenrusting Van God (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDaar woed elke dag, die hele dag lank, ’n onsigbare oorlog om vroue. Dit kan nie gesien of gehoor word nie, maar dit kan in elke aspek van ’n mens se lewe gevoel word. ’n Onwrikbare, bose vyand wil chaos veroorsaak in alles wat vir ’n vrou saak maak: haar hart, gedagtes, huwelik, kinders, verhoudings, drome en toekoms. Maar sy oorlogsplan behels dat hy haar onverhoeds en ongewapen moet vang.\u003cbr\u003eIn die Bybelstudie \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie wapenrusting van God\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e, deur \u003ci\u003eNew York Times\u003c\/i\u003e-topverkoperouteur en motiveringspreker Priscilla Shirer, word vroue met behulp van Skrifstudie en besprekingsvrae toegerus met die wapenrusting van God, waarvan gebed die belangrikste is.\u003cbr\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eDie wapenrusting van God\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is meer as net ’n Bybelse beskrywing van ’n gelowige se wapenrusting; dit is ’n 7-week-aksieplan om oorwinning te behaal in die geestelike stryd.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32174000111712,"sku":"9781431618583","price":189.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431618583_front_48209fbe-df90-4a8d-a852-a937c733195f.jpg?v=1784340536"},{"product_id":"verlos-deur-die-liefde-sagteband","title":"Verlos Deur Die Liefde (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDis 1850, in die middel van Kalifornië se goudstormloop, en Angel verwag niks anders as verraad van mans nie. Sy is reeds as kind in prostitusie gedwing en haar enigste oorlewingsisteem is die haat wat in haar brand. Dan ontmoet sy vir Michael Hosea. ’n Man wat sy Vader se hart soek in alles wat hy doen.\u003cbr\u003eIn \u003cb\u003e\u003ci\u003eVerlos deur die liefde\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e luister Michael Hosea na God se opdrag: hy trou met Angel en het haar onvoorwaardelik lief. Stadig dring hy tot haar deur; breek deur die bitterheid tot haar hart begin sag word. Maar dit bring oorweldigende gevoelens van onwaardigheid en vrees. En dan vlug Angel. Terug na die duisternis, weg van haar man en sy deurdringende liefde. Sy is vreesbevange en besef haar enigste genesing moet kom van die Een wat haar nog liewer het as Michael Hosea. Die Een wat haar nooit ooit sal laat gaan nie.\u003cbr\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eVerlos deur die liefde\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is ’n roman oor God se onvoorwaardelike, oorvloedige liefde.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32174005190752,"sku":"9781431604722","price":199.94,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431604722_front.jpg?v=1784167641"},{"product_id":"die-kinderbybel-hardeband","title":"Die Kinderbybel (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eByna 300 onvergeetlike verhale van die Bybel word op dramatiese en aanskoulike wyse deel van kinders se lewe.\u003cbr\u003eDie kleurvolle illustrasies maak die gebeure vir die kind aangrypend werklik en boei sy aandag van die eerste tot die laaste bladsy. Die verhale bly ook deurgaans Skrifgetrou en by elkeen word toepaslike Skrifverwysings gegee.\u003cbr\u003eIn \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie Kinderbybel \u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003eword die mooiste verhale van die Bybel boeiend oorvertel sodat elke kind dit sal verstaan en onthou.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32174008238176,"sku":"1868294412","price":349.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/1868294412_front.jpg?v=1784340539"},{"product_id":"n-ontdekkingsreis-deur-die-bybel-vir-kinders-sagteband","title":"'N Ontdekkingsreis Deur Die Bybel - Vir Kinders (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDave Strehler bied met \u003cb\u003e\u003ci\u003e’n Ontdekkingsreis deur die Bybel – vir kinders\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e ’n Bybelhandboek spesiaal vir die jongklomp.\u003cbr\u003eDié boek sal kinders help om sin te maak van die Bybel deur vir hulle praktiese, lekker en interessante maniere te wys om dinge oor die Bybel te leer.\u003cbr\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003e’n Ontdekkingsreis deur die Bybel – vir kinders\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e lei kinders deur die Bybel deur die volgende opwindende bywerkings:\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eantwoorde op die algemeenste vrae wat hulle het oor gebeure en karakters in die Bybel\u003c\/li\u003e \u003cli\u003einteressante feite om hulle te stimuleer en hulle belangstelling te wek\u003c\/li\u003e \u003cli\u003evisuele voorstellings van wat hulle lees om hulle te help verstaan en onthou\u003c\/li\u003e \u003cli\u003ehedendaagse toepassings van sekere Bybelse konsepte en tradisies\u003c\/li\u003e \u003cli\u003ewoordverklarings\u003c\/li\u003e \u003cli\u003evrae met Bybelse verwysings vir antwoorde om hulle insig te verryk\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32174008762464,"sku":"9781431611478","price":115.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431611478_front.jpg?v=1784340540"},{"product_id":"die-klassieke-kinderbybel-storieboek-hardeband","title":"Die Klassieke Kinderbybel-Storieboek (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eDie klassieke Kinderbybel-storieboek\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is die plek waar klassieke Bybelstories en elke leser – jonk of oud – se verbeelding mekaar ontmoet.\u003cbr\u003eJohan en Nina Smit se wonderlike keuse van 100 stories uit die Ou Testament en 100 stories uit die Nuwe Testament is geskryf in ’n taal waarmee kinders kan identifiseer. Hierdie pragtige stories saam met Alan Parry se aangrypende klassieke illustrasies belowe maklik-om-te-lees-stories tesame met ’n insiggewende Bybellees-ervaring.\u003cbr\u003eDie 200 stories in \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie klassieke Kinderbybel-storieboek\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bied Bybelse waarhede deur ’n kombinasie van knap skryfwerk en klassieke illustrasies wat ouer én kind se verbeelding sal aangryp en Bybellees onvergeetlik sal maak.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32174008959072,"sku":"9781770009370","price":239.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781770009370_front.jpg?v=1784340540"},{"product_id":"77-onthou-verse-vir-kinders-sagteband","title":"77 Onthou-Verse Vir Kinders (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eKinders tussen 5 en 8 jaar sal dit geniet om op hierdie prettige manier 77 sleutelteksverse in die Bybel te memoriseer. Hulle lees eers die teksvers, dan skryf hulle dit neer en dan kleur hulle die pragtig ontwerpte teksvers in. Herhaling is die sleutel tot memorisering en hierdie maklik-om-te-gebruik hulpmiddel sal ouers en Sondagskoolonderwysers help om die saad van die Skrif in kinderharte te saai. Ideaal vir Sondagskool of Christelik-gebaseerde tuisonderrig.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32174011580512,"sku":"9781431622511","price":50.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431622511_front.jpg?v=1784340539"},{"product_id":"77-bybelaktiwiteite-vir-kinders-sagteband","title":"77 Bybelaktiwiteite Vir Kinders (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003e77 Bybel-aktiwiteite vir kinders\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is ontwerp om kinders tussen 5 en 8 te vermaak terwyl daar terselfdertyd ’n liefde vir God se Woord in hulle vasgelê word. Kinders sal pret hê terwyl hulle die kolletjies verbind om te sien wat vir Jona ingesluk het en die diere help om Noag se ark te kry. Hulle sal die speletjies geniet en speel-speel leer.\u003cbr\u003eDie speletjies is geskik vir seuns en dogters en sal help om kritiese denke en kreatiewe probleemoplossing te ontwikkel terwyl hulle die speletjies uitpluis wat leeswerk, skryfwerk en tel insluit. Die boek is ideaal vir gebruik in Sondagskoolklasse en Christelike tuisonderrig-kurrikulums.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32174012104800,"sku":"9781431622528","price":50.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431622528_front.jpg?v=1784074022"},{"product_id":"speel-speel-deur-die-bybel-sagteband","title":"Speel-Speel Deur Die Bybel - Kom Speel Saam (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eKinders se gedagtes is altyd besig en reg vir ŉ speletjie of uitdaging. Waarom dit dan nie inspan om hulle op ŉ prettige manier van die Bybel te leer nie?\u003cbr\u003e \u003cb\u003e\u003ci\u003eSpeel-speel deur die Bybel\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bevat meer as 30 speletjies wat kinders speel-speel meer oor die Bybel sal leer. Die speletjies, wat gebaseer is op verskeie geliefde Bybelstories uit die Ou en Nuwe Testament, sal sorg vir ure se pret. Dié samestelling is propvol opvoedkundige speletjies soos paadjies om te soek, kolletjies om te verbind, soek-en-vind-speletjies, inkleurprentjies en vele meer.\u003cbr\u003e \u003cb\u003e\u003ci\u003eSpeel-speel deur die Bybel\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bied die geleentheid vir kinders om op hul eie te speel óf saam met ’n volwassene vir lekker gesinstyd.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32174019379296,"sku":"9781431623037","price":19.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431623037_front_9ec2287c-cd75-47ec-90d5-cc1acd7c9b38.jpg?v=1784333384"},{"product_id":"vreugde-in-sy-teenwoordigheid-blikkie","title":"Vreugde In Sy Teenwoordigheid Afrikaans Cards In Tin","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eVreugde in sy teenwoordigheid\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is 150 oordenkings met die ideale kombinasie van bemoediging, hoop en vreugde vir besige vroue.\u003cbr\u003eElkeen van die 75 kaartjies wat weerskante gedruk is, bied ’n inspirerende oordenking, lewegewende teksvers en ’n kragtige gebed.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32174024261728,"sku":"6006937147263","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/6006937147263_front.jpg?v=1784246951"},{"product_id":"geanker-in-die-woord-blikkie","title":"Geanker In Die Woord Afrikaans Prayer Cards In Tin","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie 150 kort en kragtige oordenkings in \u003cb\u003e\u003ci\u003eGeanker in die Woord\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e sal mans aanmoedig om tyd in God se Woord deur te bring, dit te lees en in hulle lewens toe te pas.\u003cbr\u003eElkeen van die 75 kaartjies wat weerskante gedruk is, bied ’n betekenisvolle oordenking, lewegewende teksvers en ’n kragtige gebed.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32174024294496,"sku":"6006937147249","price":199.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/6006937147249_front.jpg?v=1783858310"},{"product_id":"hoe-groot-is-ons-god-hardeband","title":"Hoe Groot Is Ons God: 100 Wonderlike Oordenkings oor God en Wetenskap (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eLouie Giglio bied nog 100 dagstukkies oor God en die wetenskap wat kinders tussen 6 en 10 se nuuskierigheid sal prikkel. \u003cb\u003e\u003ci\u003eHoe groot is ons God: 100 Wonderlike Oordenkings oor God en Wetenskap\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bevat merkwaardige wetenskaplike feite, pragtige foto’s, prettige illustrasies en eenvoudige aktiwiteite.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDie temas sluit in die buitenste ruim, die Aarde en die weer, die menslike liggaam, diere, plante en vele meer! Met hierdie dagstukkieboek gaan kinders op ’n reis om meer oor God en sy ongelooflike skepping te leer.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eVan die Pienk Meer in Senegal en die Aarde se omwenteling om die son tot die waterwyse padda wat tot vyf jaar lank sonder water kan oorleef, sal die wonders van die heelal jou kind ’n nuwe waardering gee vir God se ontsaglike skeppingsvermoë.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32175961800800,"sku":"9781415341803","price":279.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781415341803_front_15dee335-d62e-4fe1-958a-1fd2b1d7598a.jpg?v=1783860174"},{"product_id":"met-my-god-spring-ek-oor-n-muur-sagteband","title":"Met My God Spring Ek Oor 'N Muur (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eJesus het aan die kruis gesterf sodat jy genesing kan kry. Hier is jou kans om die “HOE” deel daarvan uit te vind.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003ci\u003eMet my God spring ek oor ‘n muur\u003c\/i\u003e is ’n woordgebaseerde handleiding tot genesing. Dit word aanbeveel vir die wat riglyne en geestelike sleutels soek vir die pad na genesing. Daar is al baie geskryf oor genesing, maar min boeke help jou om dit prakties vir jouself te kry deur wat Jesus vir ons aan die kruis bewerkstellig het.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJesus is vir ons ‘n voorbeeld van lewe. Sy leringe hier op aarde was daarop gefokus om mense vry te maak van geestelike en ligaamlike bindings soos siekte, verslawings en selfs die dood. Nie net het die skrywer en haar gesin 12 genesingswonderwerke van lewensbedreigende siektes ontvang nie, hulle het in die tyd waarheid geleer oor baie fasette van die lewe en menswees. Dit is die waarheid soos die wat mens vrymaak.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eJy sal hierin lees hoe belangrik korrekte lewenskeuses en gehoorsaamheid tot God is vir jou vir ’n gesonde liggaam, siel en gees. Met die hulp van Jesus en onder leiding van Heilige Gees kan jy die kennis hierin gebruik om ook genesing in jou gesin te ervaar.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003eGod kan en wil jou graag genees. Moenie dat dit wat die medici oor jou gespreek het of wat godsdiens en tradisie jou geleer het, jou weerhou van jou eie genesingswonderwerk nie. Daar is antwoorde van God ons Skepper vir elkeen wat hierdie boek lees.\u003cbr\u003e\u003cbr\u003e\u003cb\u003eChrista van Rooyen\u003c\/b\u003e deel hierin die waarhede en wyshede wat sy op haar pad van genesing geleer het. Mag dit vir jou die Bybel ontsluit sodat jy dit in jou eie lewe kan toepas.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32273914527840,"sku":"9772518864009","price":259.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9772518864009_front.jpg?v=1784340540"},{"product_id":"ons-dogtertjie-se-eerste-jaar-sponsgevulde-hardeband","title":"Ons Dogtertjie Se Eerste Jaar (Sponsgevulde Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003ci\u003eOns dogtertjie se eerste jaar\u003c\/i\u003e is kostelike herinneringsboeke wat ouers sal help om daardie kosbare herinneringe van hulle kleinding se eerste lewensjaar vas te bewaar. Hierdie pragtige boeke bied:\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eplek om belangrike mylpale soos ’n eerste tree of tand aan te teken.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eblaaie waar foto’s van spesiale oomblikke geplak en versier kan word.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003e2 koeverte waarin baba se hospitaalbandjie of haarlok bewaar kan word.\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32280083234912,"sku":"9781431623143","price":399.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431623143_front.jpg?v=1784340599"},{"product_id":"ons-seuntjie-se-eerste-jaar-sponsgevulde-hardeband","title":"Ons Seuntjie Se Eerste Jaar (Sponsgevulde Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003ci\u003eOns seuntjie se eerste jaar\u003c\/i\u003e is kostelike herinneringsboeke wat ouers sal help om daardie kosbare herinneringe van hulle kleinding se eerstelewensjaar vas te bewaar. Hierdie pragtige boeke bied:\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eplek om belangrike mylpale soos ’n eerste tree of tand aan te teken.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eblaaie waar foto’s van spesiale oomblikke geplak en versier kan word.\u003c\/li\u003e \u003cli\u003e2 koeverte waarin baba se hospitaalbandjie of haarlok bewaar kan word.\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32280091099232,"sku":"9781431623624","price":399.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431623624_front.jpg?v=1784254033"},{"product_id":"die-bybellennium-n-eenvolumekommentaar-hardeband","title":"Die Bybellennium: 'N Eenvolumekommentaar (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eDie Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e is ’n projek deur kenners van die Ou en Nuwe Testament. Met die \u003ci\u003eNuwe Lewende Vertaling\u003c\/i\u003e as grondslag is hierdie boek geskryf in maklik leesbare, eietydse taal sonder ingewikkelde redenasies en terminologie. Die bundel is ’n bekostigbare kommentaar van die \u003ci\u003eNuwe Lewende Vertaling\u003c\/i\u003e vir predikante, studente en ernstige Bybellesers.\u003cbr\u003eGelowiges wat meer van die Bybel wil weet, sal deur dié bundel ’n wyer insig van die Bybel verkry, sowel as die wêreld waarin dit afspeel en die betekenis daarvan vir vandag. \u003cb\u003e\u003ci\u003eDie Bybellennium – ’n Eenvolumekommentaar\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e ontsluit vir hedendaagse gelowiges wat die Bybel vandag nog vir ons wil sê.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32283086159968,"sku":"9781770006997","price":639.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781770006997_front.jpg?v=1784254024"},{"product_id":"vyf-tale-van-die-liefde-sagteband","title":"Vyf Tale Van Die Liefde (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie behoefte aan romantiese liefde is diep in ons onderbewussyn gewortel. Om die liefde in die huwelik lewend te hou, is ’n baie ernstige saak.\u003cbr\u003eDr. Gary Chapman het deur jare se ervaring tot die gevolgtrekking gekom dat mense liefde op verskillende maniere bewys en ervaar. As jy jou liefde op ’n manier uitdruk wat jou maat nie verstaan nie, gaan hy of sy nie besef wat jy besig is om te doen nie. \u003cb\u003e\u003ci\u003eVyf tale van die liefde\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e bespreek die vyf tale van die liefde en help die leser om hul eie taal asook dié van hul maat te identifiseer.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003e\u003cb\u003e\u003ci\u003eVyf tale van die liefde\u003c\/i\u003e\u003c\/b\u003e fokus op die vyf tale en hoe om hulle kragtig toe te pas:\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eOpbouende woorde\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eKwaliteit-tyd\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eGeskenke\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eDiensbaarheid\u003c\/li\u003e \u003cli\u003eFisieke aanraking\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003cp\u003eHierdie bygewerkte uitgawe kyk ook na die rol van tegnologie in ons verhoudings asook langafstand-verhoudings en bevat ’n bygewerkte vraelys en ’n nadink-vraag aan die einde van elke hoofstuk.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUMBookssa","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32283093106784,"sku":"9781431613892","price":189.95,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431613892_front.jpg?v=1784340548"},{"product_id":"my-lullabybel-vir-meisies-sponsgevulde-hardeband","title":"My LullaBybel Vir Meisies (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie bekoorlike volkleur-illustrasies sal klein ogies betower voor hulle toeval terwyl Mamma of Pappa die ritmiese gediggies voorlees om hulle aan die slaap te sus.\u003cbr\u003eElke gediggie het ’n gebed en ’n Bybelvers wat ouers sal aanspoor en bemoedig in hulle kosbare taak om kinders groot te maak.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32284370698336,"sku":"9781431623129","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431623129_front_bc3a824b-5949-4d2f-8e13-9d84e193398d.jpg?v=1784340593"},{"product_id":"my-lullabybel-vir-seuns-sponsgevulde-hardeband","title":"My LullaBybel Vir Seuns (Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie bekoorlike volkleur-illustrasies sal klein ogies betower voor hulle toeval terwyl Mamma of Pappa die ritmiese gediggies voorlees om hulle aan die slaap te sus.\u003cbr\u003eElke gediggie het ’n gebed en ’n Bybelvers wat ouers sal aanspoor en bemoedig in hulle kosbare taak om kinders groot te maak.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32284371288160,"sku":"9781431623976","price":280.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431623976_front_64913f43-a747-47e1-ac04-0dfa497f449c.jpg?v=1784340591"},{"product_id":"gebede-vir-my-dogtertjie-sponsgevulde-hardeband","title":"Gebede Vir My Dogtertjie (Sponsgevulde Hardeband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eDie gebede en beloftes uit die Skrif sal ouers lei wanneer hulle hul baba se lewe in die liefdevolle hande van die Here wil oorgee. Dit sal ouers lei om spesifiek en met verwagting te bid vir God se sorg, beskerming en seën in hulle kleinding se lewe.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32284374794336,"sku":"9781431623631","price":129.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9781431623631_front.jpg?v=1784340598"},{"product_id":"my-babadogtertjie-se-mylpale-kaartjies","title":"My Babadogtertjie Se Mylpale (Kaartjies)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003ci\u003eMy babadogtertjie se mylpale\u003c\/i\u003e is 24 kostelike kaartjies, weerskante gedruk, om die mylpale en kosbare oomblikke in ’n baba se eerste weke, maande en jaar vas te vang.\u003cbr\u003eHierdie kaartjies met pragtige illustrasies kan ingesluit word in foto’s van baba om haar ontwikkeling en spesiale mylpale met geliefdes te deel.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32284382691424,"sku":"6006937147379","price":149.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/6006937147379_front.jpg?v=1784340598"},{"product_id":"my-babaseuntjie-se-mylpale-kaartjies","title":"My Babaseuntjie Se Mylpale (Kaartjies)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003e\u003ci\u003eMy babaseuntjie se mylpale\u003c\/i\u003e is 24 kostelike kaartjies, weerskante gedruk, om die mylpale en kosbare oomblikke in ’n baba se eerste weke, maande en jaar vas te vang.\u003cbr\u003eHierdie kaartjies met pragtige illustrasies kan ingesluit word in foto’s van baba om sy ontwikkeling en spesiale mylpale met geliefdes te deel.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32284382920800,"sku":"6006937147430","price":149.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/6006937147430_front_2827b425-6296-4e58-887c-75a11a866bfc.jpg?v=1784340598"},{"product_id":"loop-en-val-sagteband","title":"Loop En Val (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eOns almal se lewens word gekenmerk deur val en opstaan. Jy loop ewe lekker en sonder dat jy dit verwag, gee die lewe jou ’n dwarsklap dat jy dáár lê. Dan kom die moeilike deel – die opstaan. Soms voel dit asof jy liewer wil bly lê, maar jy móét die resies voltooi.\u003c\/p\u003e \u003cp\u003eDaar is storms in elkeen se lewe:\u003c\/p\u003e \u003cul\u003e \u003cli\u003eTye wanneer jou huwelik se pilare wankel\u003c\/li\u003e \u003cli\u003ewanneer die cash flow druk\u003c\/li\u003e \u003cli\u003ewanneer jou verhoudings van die pad af beur\u003c\/li\u003e \u003cli\u003ewanneer jou gesondheid sukkel\u003c\/li\u003e \u003cli\u003ewanneer alles om jou net eenvoudig te veel word\u003c\/li\u003e \u003c\/ul\u003e \u003cp\u003eDan moet jy aan die een draadjie vasklou: Jesus is nog steeds in beheer. Almal van ons sleep ’n swaar stuk bagasie saam. Die sonde wat sy lêplek in ons lewe kom maak het, het die vreugde en die lag kom steel. Dis egter nie Sy idee vir ons nie. Glo dat God daardie verkeerde keuses en jou sondes sal vergewe en Hy sál jou vryspreek.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32299914428512,"sku":"9780992200350","price":99.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9780992200350_front.jpg?v=1784196446"},{"product_id":"my-2de-bybel-doen-en-leer-boek-sagteband","title":"My 2de Bybel Doen En Leer Boek (Sagteband)","description":"\u003cdiv\u003e \u003cp\u003eMy 2de Bybel doen en leer boek is die volgende vlak van ons Bybel-gebaseerde geletterdheidsreeks. Hierdie boekie leer geletterdheidsvaardighede sowel as Bybelgeletterdheid deur die verhale wat Jesus oor die koninkryk van God vertel het. Onderrig word maklik gemaak deur die gebruik van ikone, flitskaarte en 'n onderwysergids wat in die boek is.\u003c\/p\u003e \u003c\/div\u003e","brand":"CUM Books","offers":[{"title":"Default Title","offer_id":32366456275040,"sku":"9780798217415","price":35.0,"currency_code":"ZAR","in_stock":true}],"thumbnail_url":"\/\/cdn.shopify.com\/s\/files\/1\/0123\/6543\/0880\/files\/9780798217415_front.jpg?v=1783858274"}],"url":"https:\/\/cumbooks.co.za\/collections\/afrikaans-books.oembed?page=15","provider":"CUM Books","version":"1.0","type":"link"}